Artikel deur Dr Gerhard H Verdoorn
Griffon Gifinligtingsentrum
Photo: Chris Kriel
B
iodiversiteit is ‘n
omskrywende woord vir
die verskeidenheid van
lewensvorme in die
natuur. Dit sluit die diere soos
soogdiere, reptiele, voëls, paddas,
visse en ongewerweldes in sowel as
die plante, virusse, bakterieë, ligene
en verwante organismes. Mense
besef dit selde, maar dit is juis biodiversiteit wat die lewe op aarde
aanmekaar hou. Ongelukkig is die
mens besig om die biodiversiteit en
ook die kwantiteit daarvan ernstig
te knou met sy massiewe bevolking
en hebsug.
Groot dele van die Suid-Afrikaanse
landskap is in die afgelope dertig
jaar in wildsplase omgeskakel. Dit
was as gevolg van toegewings in
verskillende wetgewing wat vir
grondeienaars ‘n bepaalde eienaarskap van wilde diere gegee het.
Plase waar vantevore net vee
geloop het, het stadig maar seker
weer ‘n goeie inspuiting wild gekry.
Daar is vandag meer wildsbokke in
Suid-Afrika as 100 jaar gelede.
Photo: Chris Kriel
Vrylopende koedoes en selfs elande
is al in distrikte waargeneem waar
mense nooit geglo het dat hulle
ooit weer sulke wild sou sien nie.
Die wildplaaseienaars wat hul plase
soos reservate bestuur en waar die
wild hulle eie gang gaan, is die kern
van ‘n gesonde wildbevolking in
Suid-Afrika. Nie alleen is dit voordelig vir jagters nie, maar daar is
ook toenemend opinies dat die
biodiversiteit op sulke plekke aan
die herstel is. As mens so in die
jagveld beweeg en jy hou oë en ore
oop dan vertel die veld vir jou ‘n
storie van klein suksesse. Die kleinwild soos hase, klein bokkies, klein
roofdiere, knaagdiere en reptiele is
weer terug na ‘n lang afwesigheid
bloot omdat die veld meer natuurvriendelik bestuur word. Kleintyd in
die Karoo was steenbokke so skaars
soos hoendertande maar deesdae is
hulle ‘n algemene gesig op plase.
Langsaan op die ekstensiewe veeplase gaan dit ook nie te sleg nie.
Net soveel kleinwild en grond-
lewende voëls word ook daar waargeneem. Sommige boere se asems
slaan weg as hulle die eerste keer in
veertig jaar ‘n klompie aasvoëls by
‘n skaapkarkas sien. Bloukraanvoëls
op die Karoovlaktes word met ope
arms verwelkom en selfs die ouer
garde kan beswaarlik glo hoe wyd
die bloukrane weer loop.
Dit is nou maar eenmaal so as die
mens sy intervensie in die natuur
verminder, dan reageer Moeder
Aarde baie vinnig met ‘n toestroming van spesies. Dis asof die
mens beloon word. Vir my persoonlik lê die beloning daarin as ‘n
ekstensiewe vee- of wildboer my
skakel met die goeie nuus dat daar
weer weerwolwe of gompoue op
die plaas is. Dis asof die aankoms
van ‘n lang verlore spesie die
grondeienaar nuwe hoop gee.
Ongelukkig is daar neigings om al
wat wildsbok is op kamp te hou en
daarmee te teel soos wat ons met
skaap en bees maak. Erger nog is
dat meeste skape en beeste ten