Agri Kultuur December 2013 | Page 14

Waak teen die son

se dodelike strale

Somer bring son, en son bring goudbruin lywe. Vra maar enige man, wat is nou mooier as 'n songebrande bruin lyf op die strand (en as sy nog 'n klein, fyn bikini aanhet, nog te beter né?).

Of wat praat ek dames? Wanneer daar die manlike spiere bult in die branders en die lywe is goudbruin –

dan maak dit nie saak of die

eienaar van die bruingebrande

lyf 16 of 45 is nie! Mooi bly mooi.

En veral ons vrouens glo mos die sonbruin kleur verbloem dikwels die ergste ekstra gewig. Of sommer soos party prontuit erken: “bruinvet is darem baie beter as witvet”.

Maar ongelukkig oordoen ons dit soms. Veral by die see wanneer ons lekker saamkuier en in die branders baljaar. As daar boonop 'n ligte seebriesie waai, besef ons nie hoe warm die son eintlik is nie en is dit eers wanneer ons namiddag by die huis kom en in die spieël kyk...

Natuurlik vergeet ons dikwels

ook om wanneer ons klaar in die see geswem het, weer

sonbrandroom aan te meer.

Ons redeneer mos “maar ek het al”. Op die ou end van die dag is die tannie wat met haar kappie en haar bene toe-gegooi met 'n handdoek onder 'n sonsambreel baie beter en veiliger af as die sonsoekers!

Suid-Afrika is bekend vir sy onverbiddelike son wat fel neerbrand en veral in ons streek kan die son mos voel of dit stilstaan. In strooptyd is mans bykans permanent buite in die son – dikwels sonder hoed of nog belangriker die buisie sonroom.

Dit is boonop nie die lekkerste ding om sonbrandroom aan jou gesig te smeer en dan in stowwerige lande te gaan werk nie, maar miskien is dié ongemaklikheid se prys zero teen wat die gevolge s'n kan wees.

Ons moet ons mans aanmoedig

om soggens ná die laaste koppie koffie te sorg dat veral hul gesigte en arms gesmeer is. En dat die buisie maar saamgaan bakkie toe!

Vanjaar het Kansa oulike, plastiese “UV-Smart” armbandjies bekend- gestel wat mens dra om ander bewus

te maak van die son wat kanker ver- oorsaak. Dit is beskikbaar in

pers, blou en pienk vir kinders en volwassenes. Dit kos R30 en i s verkrygbaar by enige Kansa-kantore.

My vierjarige neef dra dit met groot trots en vertel vir almal dit is sy “ k a n k e r bandjie”.

En dan altyd die waarskuwing by: “mens gaan dood van kanker”.

Kansa het vanjaar weereens 'n beroep gedoen op alle Suid-Afrika-ners om verantwoordelik te wees wanneer hulle met vakansie is.

'n Veldtog is ook geloods saam met Clicks en Nivea om mense bewus te maak van die SunSmart-veldtog.

Velkanker kan voorkom word deur altyd sonveilig te wees, maar vakan- siegangers word veral gewaarsku om gedurende Desember en Januarie versigtig te wees wanneer die son se strale baie gevaarlik is.

Net twee blase van die son voor die ouderdom van 18 jaar kan 'n mens se kanse om kanker later jare te kry, dramaties verhoog, het Sue Janse van Rensburg, Kansa se hoof - uit- voerende bestuurder, gesê.