Agri Kultuur December 2013 | Page 13

Spesialiste praat wynbesigheid – Nedbank VinPro Inligtingsdag 2014

Top internasionale en plaaslike sprekers sal strategiese kwessies en uitdagings vir die Suid-Afrikaanse wynprodusent in die wêreldkonteks aanspreek tydens die jaarlikse Nedbank VinPro Inligtingsdag.

Die geleentheid vind plaas op 23 Januarie 2014 vanaf 8:00 tot 13:00 by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes.

Mike Veseth is 'n kenner oor die politieke ekonomie van globalisering en die globale wynmark. Hy sal 'n oorsig gee van die internasionale wynmark met betrekking tot strukturele veranderinge, en fokus op toekomstige scenario's vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Veseth is professor emeritus in Internasionale Politieke Ekonomie aan die Universiteit van Puget Sound in Tacoma, Washington, redakteur van The Wine Economist-blog en bekende skrywer van titels soos Wine Wars en die onlangs vrygestelde Extreme Wine.

Johann Els, 'n senior ekonoom by MacroSolutions Old Mutual Investment Group Suid-Afrika (OMIGSA), sal praat oor die ekonomiese vooruitsigte. Hy het begin as 'n ekonoom by Old Mutual in 1991 en is nou gesamentlik verantwoordelik is vir alle gebiede van die makro-ekonomiese navorsing wat insluit die ontleding van die globale ekonomie sowel as plaaslike ekonomiese navorsing.

Phillip Retief, hoof uitvoerende beampte van Van Loveren, sal vooruitsigte in die binnelandse wynmark bespreek. Phillip is 'n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester met 'n goeie begrip van die uitdagings van die primêre produksie, met finansiële, verkope en bemarking realiteite. Hy was voorsitter van die Robertson Wine Valley vir vyf jaar en nie- uitvoerende direkteur van die KWV vir agt jaar.

Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se Konsultasie Diens, sal die seisoenale oorsig en oes verwagtinge bespreek. Afgesien van sy bestuurs-en operasionele pligte, gee Francois ook wingerdboukundige advise vir meer as 10 wynkelders van Robertson, Somerset West, Elgin en Darling. Hy het sy loopbaan as 'n wingerdboukundige in 1986 begin en is van mening dat besproeiing en lowerbestuur die twee mees kritieke wingerdboukundige praktyke vir volhoubare / winsgewende wynmaak is.

Stephen Rannekleiv, 'n uitvoerende direkteur in Rabobank se Voedsel- en Landboubesigheidsnavorsing departement in New York, sal fokus op Suid-Afrika se mededingendheid in 'n wêreldkonteks. Hy is die hoof navorsingsontleder in die wyn- en spiritus-sektore, wat fokus op 'n verskeidenheid aspekte soos relatiewe mededingendheid van wynstreke, strategiese verkryging van wyn, markassessering, verspreidingskwessies en die toekoms van grootmaatwyn-handel.

'n Verdere bedryfsverwante onderwerp sal aangekondig word.

Gevestigde en ontluikende wynprodusente, asook rolspelers op die kelder- en bemarkingsgebied, word aangemoedig om die geleentheid by te woon.

Registrasie is verpligtend en sluit middagete in.

Algemeen: R600 per persoon voor 11 Desember 2013 (R700 daarna).

VinPro-lede: R450 per persoon voor 11 Desember 2013 (R500 daarna).

Kontak Patricia Jordaan by tel 021 807 3237, e-pos [email protected] vir meer inligting, of laai die registrasievorm en program af by www.vinpro.co.za.