Agri Kultuur August / Augustus 2018 | Page 47

hierdie voorwaardes voor die hand liggend is en dat direkteure wat hulle aan hierdie tipe gedrag skuldig maak , nie direkteure behoort te wees nie . Die Wet sluit egter verder nog gevalle in wat nie so voor die hand liggend is nie . ’ n Hof moet ook ’ n direkteur as misdadig verklaar indien hy / sy herhaaldelik persoonlik onderworpe was aan ‘ n voldoeningskennisgewing of soortgelyke afdwingingsmeganisme vir soortgelyke gedrag ingevolge enige wetgewing . Nog ’ n geval is waar die hof oortuig is dat die verklaring van ‘ n misdryf geregverdig is met inagneming van die aard van die oortreding .
Effek / Gevolge van Misdadigheid ‘ n Misdadigheidsverklaring kan óf onvoorwaardelik wees en sal dan vir die leeftyd van die persoon duur OF ’ n hof kan voorwaardes daaraan koppel , insluitend ’ n voorwaarde wat die aansoek kan beperk tot slegs sekere maatskappy kategorieë . Dit sal alles afhang van die gronde van die misdadigheid .
Wat kan by die hof aansoek doen ? ’ n Maatskappy , aandeelhouer , direkteur ,
maatskappysekretaris of voorgeskrewe beampte van ’ n maatskappy , ’ n geregistreerde vakbond of enige ander verteenwoordiger van die maatskappy se werknemers kan by ’ n hof aansoek doen vir ’ n bevel om ‘ n direkteur as misdadig te verklaar . In sommige gevalle mag staatsorgane ook so ‘ n aansoek indien .
Vreemd genoeg het skuldeisers nie die bevoegdheid om by ’ n hof aansoek te doen om ’ n direkteur as misdadig te verklaar nie .
Daar moet wel in gedagte gehou word dat ’ n misdadige direkteur nie verbied kan word om ’ n aandeelhouer te wees nie . Misdadigers kan dus ongelukkig nog steeds hul invloed op ‘ n maatskappy probeer uitoefen .
Vrywaring : Die materiaal vervat in hierdie dokument word slegs voorsien vir algemene inligtingsdoeleindes en mag nie as finansiële- of regsadvies gebruik word nie . Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade wat mag ontstaan as gevolg van afhanklikheid van inligting vervat in hierdie artikel nie .
www . bvsa . ltd | info @ bvsa . ltd
AgriKultuur | AgriCulture
47