Agri Kultuur August / Augustus 2018 | Página 46

Die Misdadige Direkteur BVSA-Regsdienste V olgens die woordeboek, hou die woord “misdadige” of “delinquent” verband met “misdaad pleeg”, “regteloos”, “regskending”, “krimineel”, “misdryf”, “pligsversuiming” – dit is beslis nie woorde wat mens in dieselfde sin saam met “direkteur” wil hoor nie. Daarom is dit noodsaaklik dat Suid- Afrikaanse direkteure ag slaan op die impak van Artikel 162 van die Maatskappyewet: : (“die Wet”) sodat hulle sodoende hulle nie blootstel aan die moontlikheid om as misdadig verklaar te word nie. Wie is ’n misdadige direkteur? / Wat is die gronde van misdadigheid? Die Wet maak voorsiening vir gronde waarop aansoeke ingedien kan word om iemand as misdadig te verklaar. As slegs een van die volgende kriteria aan voldoen word, het die hof geen diskresie nie - ’n hof móét dan so ’n persoon as ‘n misdadige direkteur verklaar: 1. Indien die persoon ingestem het om as direkteur te dien terwyl hy of sy as sodanig onbevoeg verklaar of gediskwalifiseer is. Voorbeelde hiervan is: As die direkteur as AgriKultuur |AgriCulture ’n ongerehabiliteerde insolvent verklaar is; van sy amp verwyder is weens oneerlikheid; skuldig bevind is aan ’n misdaad, diefstal, bedrog, vervalsing of enige ander handeling wat bedrog, wanvoorstelling of oneerlikheid betrek. 2. Waar ‘n persoon onder ’n proefbevel as ’n direkteur opgetree het op so ’n wyse dat hy/ sy daardie bevel verontagsaam. 3. Indien tydens direkteurskap: • Die persoon sy of haar posisie as direkteur misbruik het; of • Die persoon persoonlik gebaat het uit die gebruik van inligting of geleenthede; of • Die persoon met opset of deur growwe nalatigheid skade aan die maatskappy of ‘n filiaalmaatskappy gerig het; of • Die persoon se optrede neerkom op growwe nalatigheid, opsetlike wangedrag of vertrouensbreuk in verband met die verrigting van hul werksaamhede en pligte teenoor die maatskappy. Op die stadium mag mens dalk dink dat 46