Agri Kultuur August 2014 | Page 14

der kant is daar ook positiewe faktore soos ‘n baie goeie 2013/14somergraanoes met bogemiddelde opbrengste en ook goeie inkomstes wat behaal is asook die positiewe siening dat 2014/15 se El Nino nie te ernstig ’n uitwerking op graanproduksie nie (hoewel dit baie vroeg in die seisoen is). Dit is egter van uiterste belang dat graanprodusente baie goeie grondwater-bestuur doen om alle beskikbare reën ten beste te benut deur byvoorbeeld so gou as moontlik landerye te bewerk, onkruidbeheer toe te pas en seker te maak landerye word so bewerk om maksimum water-infiltrasie en waterretensie in die wortelsone te verseker. Daar moet ook herbesin word of spesifieke grondtipes en landerye nog winsgewend verbou kan word, gegewe die lae graanpryse en hoë insetkostes. Baie veeboere is tans ook nog onder druk as gevolg van droogtes oor veral die sentrale tot westelike dele van die land die afgelope ten minste drie jaar. Weidingstoestande het nog nie na wense herstel nie en daar is heelwat produsente wat kuddes moes verklein. Daar is dus baie plase in veral die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en die NoordKaap wat tans nie volle kuddes het nie omdat veld nog nie volledig herstel het nie maar ook omdat die droogte boere se kontantvloei ernstig benadeel het. Toestande lyk baie beter in die meer oostelike provinsies en veral in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Wat die winterreënvalgebied betref lyk toestande oor die algemeen redelik goed met ‘n paar goeie reënvalseisoene agter die rug. Die Artikel geborg deur: sikliese aard van reënval in die WesKaap is egter ‘n groot bekommernis want die geskiedenis het getoon dat daar reekse van goeie maar ook reekse van swakker produksiejare is. Om op te som: Die kanse is baie goed dat ‘n El Nino-verskynsel kan voorkom wat reënval patrone kan beinvloed, veral gedurende die lente en somer. Daar is egter ander faktore soos die stand van die Indiese Oseaan se see-oppervlaktemperature wat op meer positiewe reënvaltoestande dui. Landboutoestande is oor die algemeen gemiddeld tot swakker oor veral die sentrale tot westelike dele van die land met min grondwater en weiveld wat nog nie herstel het van die droogtes van die afgelope paar jaar nie. Beter toestande heers oor die res van die land.