Agri Kultuur April / April 2016 | Page 37

Figuur 8: Opbrengsprestasie van kultivars in die Oos-Vrystaat (vroeër aanplanting) oor die driejaar tydperk van 2013 tot 2015 Matlabas (3.28 ton/ha) het oor die driejaar tydperk die hoogste opbrengs gehad, gevolg deur PAN 3111 (3.24 ton/ha). Hierdie twee kultivars se opbrengste het nie stastisties van mekaar verskil nie. Oos-Vrystaat later plantings Daar is oor die afgelope jare ‘n tendens in die OosVrystaat om aanplantings later te doen om die risiko van minder reënval in die lente (September) te verlaag. Die kultivarproefresultate het oor die afgelope 10 jaar bevestig dat die later aanplantings (Julie) beter presteer as die tradisionele Junie aanplantings. In 2015 was die later plantings se opbrengs 2.45 ton/ha, 0.22 ton/ha meer as die vroeër planting. (Figuur 9). Figuur 9: Opbrengsprestasie van kultivars in die Oos-Vrystaat (later aanplanting) in 2015 Die kultivar SST 387 (2.67 ton/ha) het die hoogste opbrengs gehad in 2015, gevolg deur ses kultivars (tot en met SST 374) wat nie statisties betekenisvol van SST 387 verskil het nie. Die driejaar germiddelde opbrengste in die later planting in die Oos-Vrystaat word in Figuur 10 weergegee.