Agri Kultuur April / April 2016 | Page 38

Figuur 10: Opbrengsprestasie van kultivars in die Oos-Vrystaat (later aanplanting) oor die driejaar tydperk van 2013 tot 2015 Die gemiddelde opbrengs wat oor hierdie tydperk gemeet is, was 3.21 ton/ha, bykans ‘n half ton meer as in die vroeër planting oor dieselfde tydperk. PAN 3111 (3.49 ton/ha) het die hoogste opbrengs gelewer en in die tweede plek was SST 387 met 3.39 ton/ha. Hierdie twee kultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Aanbevelings LNR-Kleingraaninstituut publiseer jaarliks ’n reeks breedvoerige handleidings wat alle produksie-inligting vir die onderskeie kleingraanproduksiestreke bevat. Hierdie handleidings word gedurende die eerste week van April aan produsente gepos. Die amptelike aanbevelings vir kleingrane sowel as die opsomming van die resultate wat in die 2015 seisoen behaal is, soos goedgekeur deur die Nasionale Kultivarevalusie Werkgroep, word hierin vervat. Produsente wat nie die publikasie ontvang het nie, is welkom om met Elri Burger by LNR-Kleingraaninstituut in verbinding te tree (058 3073507 of [email protected]). Die navorsing is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust en die Landbounavorsingsraad