Agri Kultuur April / April 2016 | Page 71

dit toe eerder ‘n “Plein rooi”, wat ook sinspeel op die woord ‘plain’ of ‘gewoon’ ,” vertel hy. “Ons het destyds gevoel dat een wynreeks nie genoeg is nie, en het nog een geskep omdat mense wat hier studeer baie aanklank vind by enigiets wat ‘Maties’ genoem word,” vertel Wassung. “Mens kry mos Maties rugby, Maties krieket, of Maties swem, en hoekom dan nie ook ‘n Maties wyn nie?” Daar word nie ‘n spesifieke soort kultivar of oesjaar aan dié wyne gekoppel nie. Tans is Cabernet Sauvignon van die 2014-oesjaar in die bottels Maties Rooiplein wat teen R50 verkoop word. Die druiwe waarvan dit gemaak is, is afkomstig uit een van die US se eie wingerde. Cabernet Sauvignon is rondom die jaar 2000 in die US se Krigeville-wingerd agter Paul Roos Gimnasium geplant. Wassung beskryf dit as ‘n gemaklike wyn wat mens sommer enige dag sou kon geniet. Dit kan ook nie skade doen om dit tot twee jaar lank te laat stof vergader in jou wynrak nie. Hy sê die Maties Rooiplein-wyne is veral gewild wanneer die US se gradeplegtigheidsgeleenthede in Desember of Maart gehou word, want dan word baie daarvan aangekoop as ‘n gepaste gelukwensings- of herdenkingswyn. Menige glasie is reeds al geklink na afloop van ‘n student se suksesvolle studies! Benewens die Maties Rooiplein-wyn versprei die Welgevallen Kelder ook die US se eie reeks Die Laan-wyne. Hiervan is onder meer Cabernet Sauvignon, Chenin blanc, Merlot, Chardonnay MCC en Pinotage tans in voorraad. Die Laan 2016 Sauvignon blanc sal teen die einde van Mei beskikbaar wees. Om van dié wyne te bestel, kontak Riaan Wassung ([email protected]) of besoek Welgevallen Kelder se Facebook blad https:// www.facebook.com/DieLaanWines/ Vir meer inligting oor die volgende garagiste-kursus, kontak prof Wessel du Toit by [email protected] .