Your Local Newspaper Latest Issue 11 Click here to read it online! | Page 4
Page 4
Jennifer Zamudio spog met haar 11de CD, Ongelooflik
Na reeds langer as 15 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf geniet Jennifer Zamudio nogsteeds ‘n suksesvolle
loopbaan, waarop sy baie trots is. Sy is
sinoniem met styl, harde werk, sukses en
energie.
Op die verhoog is Jennifer ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig
‘n gehoor in die palm van haar hand.
Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater
van plesier terwyl hulle maar net nie kan
stil sit in een van haar vertonings nie.
Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger, liedjieskry-
wer en Compére (MC), en net soos wat
sy daarvan hou om musiek met lekker
woema te sing, is sy self gaande oor
haar ernstige emosionele ballades, wat
altyd haar kenmerkende alt stem tot sy
volle reg laat kom. Jennifer is “verlief op
die lewe” en dit word beklemtoon in alles
wat sy doen en aanpak. Haar energie is
verseker aanvoelbaar en aansteeklik.
Alhoewel heelwat mense al gedink het
haar vreemde Spaanse van (foneties:
ZA-MOE-DIE-HOU), is ‘n verhoognaam,
is dit haar eie en sy is trots op haar Afrikaanse herkoms, al het dit nou iewers ‘n
tikkie Spaanse bloed in. Jennifer het in
die Kaapse Weskus grootgeword maar
woon reeds 25 jaar in Pretoria. Sy het alreeds elf vollengte solo albums op haar kerfstok, en is
bekend vir haar treffers, Hart se loper, Hoor Hoor, Walvisbaai, Die lewe is ‘n liedjie, Ek sal berge
klim vir jou, Hart en Siel, Sê dit harder en nou haar nuutste treffer Ongelooflik.
Van Jennifer se hoogtepunte sluit in:
Jennifer toer letterlik die land vol, selfs tot in Namibië, waar sy ‘n groot aanhang opgebou het. Van
haar grootste loopbaan hoogtepunte sluit in: Haar liedjie “Ek sal berge klim vir jou” vanaf haar cd
“Die lewe is ‘n liedjie” het SA verteenwoordig by die “Global Song Contest 2011” – die lied het die
16de plek gehaal uit 150 deelnemende lande.
Vir haar cd “Hart en Siel” (2013) het sy die meester sanger-liedjieskrywer, Rudi
Claase genader om vir haar ‘n lied te skryf. Rudi het ingestem en vir haar die allermooiste snit geskryf, “Hart en Siel” word toe ook die titelsnit van daardie cd en
het vir sy eie hoogtepunte gesorg. Hart en Siel” was op menige radiostasies se
trefferparades op no.1 en het ook vir 22 weke aaneenlopend by een spesifieke stasie geboer op die no.1 plek. Die lied was ook op vier verskillende
stasies gelyktig op die no.1 posisie. Die cd het ook aan haar ‘n gesogde
Ghoema Musiektoekenning 2014 nominasie besorg – Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroue Kunstenaar.
Vroeg in 2015 het sy hande gevat met Jewel Entertainment in
samewerking met Universal Musiek (SA) en om haar 10de album, 15
Jaar Spesiale Uitgawe, uit te reik. Rudi Claase het weereens ‘n treffer
geskryf vir die cd “Sê dit harder”, en neem ook ‘n duet met Jennifer
op van die lied “Hart en Siel”. Die enkelsnit “Sê dit harder” het ook by
verskeie gemeenskapsradiostasies die no.1 posisie behaal.
* Jennifer het haar grense so bietjie verskuif deurdat sy op daardie
album ook vir die eerste keer vier internasionale snitte opgeneem
het wat spesiaal vir haar geskryf is deur die liedjieskrywers Allen
McKendree (Nashville), Blue Miller (Liverpool), Daniel Cartier (London), Stephen Langstaff (London) en Sophie Cooke (London). Die
lied “Eyes wide open” was beskou as “uitnemend vir ‘n Afrikaanse
kunstenaar” en het laat mense in totale bewondering gelaat van
Jennifer se veelsydige talent.
* In November 2015 word Jennifer genader deur ‘n Internasionale
Aanlyn Sangkompetisie, SuperXtar, om haar musiekvideo van “Sê
dit harder” in te skryf. Die kompetisie geskied in 3 fases en is gebasseer op aanlyn stemme. Jennifer wen die eerste twee rondtes, in Desember 2015 en Januarie 2016 en is nou ‘n Finalis wat Suid Afrika &
Afrikaans gaan verteenwoordeg by die Finaal, 19 – 26 Oktober 2016,
in Nashville, Tennessee USA.
* In Maart 2016 word Jennifer benoem vir ‘n Ghoema Afrikaanse
Musiektoekenning in die kategorie “Beste Kontemporêre Album deur ‘n
Vroulike Kunstenaar” vir haar “15 Jaar Spesiale Uitgawe” CD wat Junie
2015 vrygestel is.
* In Junie 2016 reik Jennifer, weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de
CD, Ongelooflik uit wat reeds voor vrystelling deur radiostasies bestempel
word as “verseker iets om na uit te sien”. Die titelsnit pryk reeds op ‘n paar
stasies se Trefferparades.
Jennifer Zamudio het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf
gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en
Televisie-Veldaanbieder, en sy word beskou as een van ons land se
voorste Afrikaanse vermaaklikheids sterre.
Jennifer tree die 13de Augustus op by Bietjie Berg Gaste Plaas,
bespreek jou kaartjie nou!
Skakel Karen 082 337 8223 / Rista 074 580 1158
of Adele 082 974 6291.
Your Local Newspaper