Xtraordinary Women Magazine September 2014 | Page 34

Die eg-Suid-Afrikaanse skoonheidshuis, Annique, word wêreldwyd erken vir sy stigter Dr Annique Theron se ontdekking van die kragtige werking van Rooibostee. As gerekende baanbreker in die industrie, was Annique eerste met die insluit van hierdie kragtige anti-oksidant in al hul gesondheids- en velsorgprodukte! A.g.v. hul volgehoue navorsing en gebruik van die heel nuutste tegnologie in die verkryging en ontsluiting van die aktiewe bestanddele in Rooibos, maar ook in die ontwikkeling van nuwe produkte, word Annique steeds wêreldwyd as ‘n voorloper gereken.

Trudie Christensen stap die Annique pad al vir 34 van hierdie afgelope 44 jaar. Sy was deel van die eerste baanbrekerspan wat Annique aan die Kaap kom bekendstel het, en die Helderberg het Trudie leer ken as iemand wat die pad toegewyd en met deernis saam met haar kliënte stap. Die verhouding tussen ‘n Annique konsultant en haar kliënt strek veel verder as die aankoop van ‘n produk.

Trudie se Annique-tuissalon, in Ireneweg 26, Somerset-Wes, het ‘n plek geword waar jy in ‘n gemaklike, persoonlike en privaat omgewing toegang het tot 34 jaar se kennis, raad en ervaring – waar jy die regte produkte vir jou spesifieke omstandighede kan ontdek – of dit vir jou vel, gesondheid, leefstyl of lyf-bederf behoeftes is.

Annique ontwikkel produkte vir alle veltipes – baba’s, tiener-, volwasse- en gevorderde veltipes, en fokus ook op probleemvelle en spesiale uitdagings (vir mans en vroue).

Annique is ‘n direkte verspreidingsmaatskappy wat fokus op kliëntediens en kwaliteit produkte – maar ook in die skep van lewensveranderende geleenthede. Deur die jare het Trudie ook hierdie Annique-geleentheid met ander gedeel – en is daar ‘n hele span dames (en manne), jonk tot oud - regoor die land, wat die wonderlike geleentheid aangegryp het om hul eie besigheid, op hul eie tyd, in hul eie pas – as hul eie baas – te bedryf, maar tog die ondersteuning van ‘n top Maatskappy het.

Op ‘n persoonlike vlak, het Trudie se Annique-besigheid haar in staat gestel om haar twee kinders deur universiteit te sit, die wêreld te sien met jaarlikse aanmoediging van Annique-toere en ‘n stabiele inkomste te ontwikkel. Die heel beste is rykdom in vriendskappe wat sy die voorreg gehad het om deur die jare te ontwikkel. Daar is geen bedryf wat vir haar so lekker en vervullend kon wees, dat sy daarvan deel wil wees - tot haar Hemelse Vader haar eendag hier kom haal... met ‘n potjie Vernuwingsroom in die hand!

As direkte verspreider is die opbou van ‘n lojaliteitsverhouding met jou kliënt van kardinale belang. Jy hoef dus nie tweekeer te dink nie... skakel met vrymoedigheid vir Trudie, of kontak haar per epos – of draai gerus in by die Annique-bord in Ireneweg 26, Somerset-Wes vir ‘n koppie tee, ‘n geselsie, ‘n velontleding, of net om die hele reeks te besigtig. (geen verpligting )