WYNBERG GIRLS' HIGH SCHOOL 2013 2013 | Page 66

Carla Phillips Grade 12 Jessica Hawkridge Grade 12 Jessica Hawkridge se vrou binne die bok ‘n interpretasie Daar is sy. Daar wag sy vir iemand om haar te sien. Om haar uit te haal sodat sy kan opstaan. So lank lê sy daar. Binne in die vel van haar 'buitekant' lyf. Maar na al die jare kyk sy nogsteeds op en wag. En nou, het sy begin om weer binne in te groei en sy wil nie. Nou kom daar sagte klanke van haar lippe, maar niemand hoor nie. So daar lê sy in die donker warmte en skreeu en slaan vir niks, want daar is net niks vir haar nie. Claire van Tonder A’lia Mohodeen Grade 12 Emma Blencowe se Selfportret ‘n interpretasie Vasgevang … op 'n doek. Sy kyk in my siel. Haar oë? Groot met mening en onsekerhede. 'n Simpel agtergrond: groen, net soos haar oë. Sy lyk kwesbaar. Haar hare, bruin elegansie. Haar gesig, gretig. Haar lyf, glad soos die buitekant van 'n nuut gelêde eier. Sy het nie klere aan haar lyf nie. Sy is net daar, voor jou oë. Neem dit alles in. Wat jy sien, is wat jy kry. Sy kyk vir jou met vraende oë, soos 'n gemsbok in hoofligte. Dit is wie sy is … haar naam is Emma. Erin Slater Emma Blencowe Grade 12 Taslimah Sarguro Grade 12