Senwesbel Annual Reports Senwesbel_Afr | Page 7

AANTEKENINGE TOT DIE VERKORTE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE 1. VERSLAGDOENINGSENTITEIT Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state van Senwesbel Beperk soos op en vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2015, bestaan uit die Maatskappy, al sy filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerdes (saam na verwys as die “Groep”). 2. BASIS VAN VOORBEREIDING Geen oudit is uitgevoer ten opsigte van die tussentydse verkorte gekonsolideerde finan- siële state nie. Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state is opgestel volgens en voldoen aan die vereistes van IAS 34 Tussentydse Finansiële Verslagdoening. Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state sluit nie al die inligting en openbaarmaking in soos vereis vir finansiële jaarstate nie en moet saamgelees word met die Groep se finansiële jaarstate soos op 30 April 2015. Alle bates en laste gemeet teen billike waarde is gebaseer op gekwoteerde markpryse in ‘n aktiewe mark en is as ‘n vlak 1 aangedui.  Daar was geen veranderinge met betrekking tot vlakke nie en geen nuwe items is bygevoeg sedert die finansiële state gedateer 30 April 2015 nie. 3. AANDELE AANGEKOOP IN SENWES BEPERK Addisionele aandele is in Senwes Beperk bekom gedurende die periode onder oorsig. Senwesbel het 457 629 aandele aangekoop teen ‘n koste van R5 miljoen. Senwesbel Beperk se aandeelhouding in Senwes Beperk het verhoog met 0,25% na 51,84%. 4. AANDELEKOOPPROGRAM Gedurende die periode onder oorsig het Senwesbel ‘n aandelekoopprogram geloods. Die maatskappy beskou die koop van Senwesbel aandele deur die maatskappy as ‘n beleg- gingsgeleentheid vir die maatskappy wat terselfdertyd ‘n ontsluitingsgeleentheid bied aan aandeelhouers. Gedurende die periode 19 Augustus tot 30 September het Senwesbel 2 996 023 aandele teruggekoop teen ‘n totale koste van R20,4 miljoen op welke tydstip die uitgereikte aandele 116 409 842 beloop het. Senwesbel se oortrokke rekening by Absa het R14,2 miljoen beloop soos op 31 Oktober 2015. 5. DIVIDEND ‘n Tussentydse dividend van 16 sent per aandeel (2014: 16 sent) is verklaar. Alle aandeel- houers wat as sulks geregistreer is in die aandeleregister op 4 Desember 2015 sal dividende ontvang. Dividende sal op 11 Desember 2015 betaal word. Met volmag van die Direksie. AJ Kruger NDP Liebenberg Voorsitter Ondervoorsitter 4 Desember 2015 Klerksdorp SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2015 7