Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2019/2020 Tussentydse Resultate | Page 9

AANTEKENINGE 1. AANDELE AANGEKOOP IN SENWES BEPERK Senwesbel Beperk se aandeelhouding in Senwes het gedurende die jaar van 52,91% tot 53,50% gestyg. Die netto beweging in aandele gedurende die tydperk was 1 111 908 aandele. 2. NUWE BESIGHEIDSKOMBINASIE KLK Landbou Beperk Gedurende die tydperk het Senwes ‘n belang van 57,44% verkry in KLK Landbou Bpk (“KLK“), wat as ‘n groep van maatskappye in die landbousektor handeldryf, met effektiewe datum 1 Julie 2019. Na die effektiewe datum het Senwes ‘n addisionele 0,21% belang verkry, wat gelei het tot ‘n finale aandeelhouding van 57,65%. Billike waarde van bates verkry en laste aangeneem, insluitend die belangsverandering: R’m Boekwaarde van die netto tasbare bates (ekwiteit) van KLK, uitgesluit nie-beherende belang A….…………….... 362 Aandeel verky (beheer) B…..………….….. 57,65% Boekwaarde verkry van netto tasbare bates (ekwiteit) verkry C (AxB)…….... 208 Teenprestasie betaal D…….……….…... 183 Wins met winskoopaankoop E(C-D) ...…… 25 Nie-beherende belang (proporsionele metode) F (A-C)………... 154 Bedrag direk erken in ekwiteit - belangsverandering G………............ * - * Die verandering in belang in filiaal beloop minder as R0,5 miljoen. Die netto bates wat in die tussentydse finansiële state op 31 Oktober 2019 erken word, is gebaseer op boekwaarde, terwyl die groep die billike waarde van die verkrygde bates en laste evalueer. Evaluering van verdere afsonderlik identifiseerbare bates en/of laste is ook tans in proses. 3. DIVIDENDE Die direksie het ‘n interim dividend van 21 sent goedgekeur. Betaling van die dividend sal op 13 Desember 2019 geskied. Die laaste dag van verhandeling is 11 Desember 2019. Alle aandeelhouers wat op 11 Desember 2019 in die aandeelhouersregister geregistreer is, kwalifiseer vir die dividend. Dividendterughoubelasting van 20% sal afgetrek word, waar van toepassing. 4. VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE Die Mededingingskommissie het op 24 Augustus 2017 ’n aansoek op Senwes en Trade- vantage beteken om beweerde oortredings van die bevel na die Tribunaal te verwys met ’n versoek om ’n administratiewe boete. Die saak is intussen geskik en afgehandel met geen boetes nie. SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019 7