Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2019/2020 Tussentydse Resultate | Page 4

INLEIDING D ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwesbel Beperk (“die maatskappy”) soos op, en vir die ses maande geëindig, 31 Oktober 2019 sluit in die maatskappy, al sy filiale en gesamentlik beheerde ondernemings (gesa- mentlik na verwys as “die groep”). Die Senwesbel Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate, insluitend die staat van finansiële posisie, staat van omvattende inkomste, staat van veranderinge in ekwiteit en staat van kontantvloeie vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2019, word voorberei ooreenkomstig die vereistes van die Internasionale Finansiële Verslagdoe- ningstandaarde (International Financial Reporting Standards (IFRS)) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (International Accounting Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Reken- meesters (South African Institute of Chartered Accountants (SAICA)), Finansiële Rap- porteringsriglyne (Financial Reporting Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkun- dige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarderaad (Financial Reporting Standards Council), die voorleggingsvereistes van IAS 34 Tussentydse Finansiële Verslagdoening en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van hierdie verkorte tussentydse resultate is ooreenkomstige IFRS en is konsekwent met die rekeningkundi- ge beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde gekonsolideerde finansiële jaarstate, behalwe soos aangedui in aantekening 7 van hierdie finansiële jaarstate. Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer en ‘n onafhanklike oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure nie. Die tussentydse verkorte finansiële state sluit nie alle inligting en openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state nie en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finansiële state soos op 30 April 2019. Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders aangedui. Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir die voorbereiding van hierdie verslag. Die groep se resultate is onder toesig van E X Walker, GR (SA) voorberei. Die resultate is gepubliseer op 5 Desember 2019. 2 SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019