Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2019/2020 Tussentydse Resultate | Page 11

AANTEKENINGE (VERVOLG) 7. VERANDERING IN REKENINGKUNDIGE STANDAARDE Sedert die vorige gerapporteerde finansiële state, naamlik die finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 30 April 2019, het die groep se rekeningkundige beleid verander om IFRS 16, Hure, aan te neem. Die vereistes van hierdie nuwe standaard is in die finansiële state van die groep geëvalueer en geïmplementeer. Die standaard is onderhewig aan addisionele openbaarma- kingsvereistes. Senwes het die gewysigde terugwerkende benadering toegepas in die aanvanklike toe- passing van hierdie standaard. Volgens hierdie benadering word die kumulatiewe effek van die aanvanklike toepassing van IFRS 16 erken as ‘n aanpassing aan die ekwiteit op die datum van die aanvanklike toepassing (1 Mei 2019). Vergelykende syfers vir die jaar geëin- dig 30 April 2019 is nie aangepas om die implementering van IFRS 16 te weerspieël nie, maar hou eerder die rekeningkundige beleid onder IAS 17, Hure. Die impak van hierdie nuwe standaard op die finansiële state is soos volg: 2020 Staat van finansiële posisie R'm Nie-bedryfsbates Gebruiksregbate 12 Impak op totale bates 12 Nie-bedryfslaste 10 Huurverpligtinge Bedryfslaste 2 Korttermyngedeelte van huurverpligtinge Impak op totale laste 12 Staat van omvattende inkomste Netto impak op wins vir die jaar * - * Die toename in uitgawes beloop minder as R0,5 miljoen. Met volmag van die direksie: AJ Kruger Voorsitter NDP Liebenberg Ondervoorsitter Klerksdorp 5 Desember 2019 DIREKTEURE: AJ Kruger (Voorsitter), NDP Liebenberg (Ondervoorsitter), JDM Minnaar, JJ Minnaar, TF van Rooyen en WH van Zyl. GEREGISTREERDE KANTOOR: Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, 2570 Posadress: Posbus 31, Klerksdorp, 2570 Telefoon: (018) 464 7800 OORDRAGSEKRETARISSE: Die Maatskappysekretaris Senwes Beperk Posbus 31 Klerksdorp 2570 Telefoon: (076) 212 1776 SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019 9