AANTEKENINGE
1. AANDELE AANGEKOOP IN SENWES BEPERK
Senwesbel se aandeelhouding in Senwes het vanaf 52,60% na 52,67% gestyg gedurende
die tydperk. 198 901 aandele is aangekoop gedurende die tydperk.
2. NUWE BESIGHEID EN GROEPSTRUKTUUR
2.1 Besigheidsamevoegings: Staalmeester (Edms) Bpk
Gedurende die periode het Senwes Equipment ‘n 75% belang in Staalmeester (Edms) Bpk
(“Staalmeester”) verkry. Staalmeester dryf handel as ‘n agri-implementvervaardiger, invoerder
en handelaar. Die effektiewe datum van die verkryging was 1 Oktober 2018. Senwes hou die
belang deur een van sy volfiliale.
Billike waarde van bates en laste verkry:
SENWES GROEP STAALMEESTER
(Edms) Bpk
R’m R’m
Billike waarde van netto bates A………… 21 21
Beheer verkry B………… 75% 100%
Waarde van eiendom, aanleg en toerusting verkry C = (AxB)… 16 21
Totale teenprestasie betaal D………… 25 35
Klandisiewaarde E = (D-C)… 9 14
Die netto bates erken in die 31 Oktober 2018 tussentydse finansiële state is gebaseer op
voorlopige assesserings terwyl die groep verdere ondersoek doen om te bepaal of daar apar-
te identifiseerbare ontasbare bates en/of laste bestaan.
2.2 Verandering in eienaarskap: Prodist (Edms) Bpk
Gedurende die tydperk het LRB sy belang van 25% in Prodist (Edms) Bpk aan Hinterland SA
(Edms) Bpk verkoop. Na die transaksie hou Hinterland SA (Edms) Bpk 100% in Prodist (Edms)
Bpk.
3. DIVIDENDE
Die direksie het ‘n interim dividend van 21 sent per aandeel goedgekeur. Die laaste dag van
verhandeling is 12 Desember 2018. Alle aandeelhouers geregistreer in die aandeelhouersre-
gister soos op 12 Desember 2018 sal kwalifiseer vir die dividend. Betaling van die dividend sal
op 14 Desember 2018 geskied. Dividendterughoubelasting van 20% sal van toepassing wees.
4. VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE
Die Mededingingskommissie het ‘n aansoek op Senwes en Tradevantage beteken op 24
Augustus 2017 om beweerde oortredings van die skikkingsooreenkoms tussen die Mede-
dingingskommisie en Senwes, wat deur die Tribunaal as ‘n hofbevel bekragtig is, na die
Tribunaal te verwys met die versoek dat ‘n administratiewe boete gehef word. Senwes ontken
enige oortredings en staan die versoek teen. Die saak sal voortgaan en die verhoor sal waar-
skynlik eers gedurende Maart 2019 ‘n aanvang neem, met finale beslissing in Mei 2019.
SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2018
7