Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Tussentydse Resultate | Page 4

INLEIDING D ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwesbel Beperk (“die maatskappy”) vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2018 sluit in die maat- skappy, al sy filiale, gesamentlik beheerde ondernemings en geassosieerde (gesamentlik na verwys as “die groep”). Die Senwesbel Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate, insluitend die staat van finansiële posisie, staat van omvattende inkomste, staat van verandering in ekwiteit en staat van kontantvloeie vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2018, word voorberei ooreenkom- stig die vereistes van die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (International Financial Reporting Standards) (IFRS) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (International Accounting Standards Board), die Suid- Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (South African Institute of Chartered Accountants) (SAICA), Finansiële Rapporteringsriglyne (Financial Reporting Guides), soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarderaad (Financial Re- porting Standards Council), die voorleggingsvereistes van IAS 34 Interim Finansiële Verslag- doening en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van hierdie verkorte tussen- tydse resultate, is ooreenkomstig IFRS en is konsekwent met die rekeningkundige beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde jaarstate, behalwe soos aangedui in aantekening 7 van die finansiële state. Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer en ‘n onafhanklike oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure nie. Die tussentydse verkorte finansiële state sluit nie alle inligting en openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state nie en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finansiële state soos op 30 April 2018. Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders aangedui. Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir die voorbereiding van hierdie verslag. Die groep se resultate is onder toesig van R Wolmarans, GR (SA) voorberei. Die resultate is op 5 Desember 2018 gepubliseer. 2 SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2018