Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Tussentydse Resultate | Page 10

AANTEKENINGE (VERVOLG) 5. BILLIKE WAARDE VAN INSTRUMENTE Die volgende tabel som die billike waarde van instrumente op, soos geopenbaar in die staat van finansiële posisie of die groep se finansiële state, per klas van bates of laste, gekategori- seer in vlakke van beduidendheid van insette gebruik om die waardasies te doen: Drabedrag TOTAAL R’m Gekwo- teerde pryse in aktiewe markte vir soortgelyke instrumente VLAK 1 R’m Ander bedui- dende waarneem- bare insette VLAK 2 R’m Beduidende nie-waar- neembare insette VLAK 3 R’m 31 Oktober 2018 Totale bates 762 730 27 5 Totale laste 404 404 - - 30 April 2018 Totale bates 481 450 27 4 Totale laste 215 215 - - 1 519 1 489 26 4 609 609 - - 31 Oktober 2017 Totale bates Totale laste Handels- en ander debiteure, lenings ontvangbaar en betaalbaar teen geamortiseerde koste is geag teen billike waarde te wees. Gedurende die periode was daar geen veranderinge in die vlakke nie. Daar het ook nie nuwe items bygekom nie. 6. GEBEURE NA VERSLAGDOENINGSDATUM Hinterland SA (Edms) Bpk is besig om hul bedrywighede te konsolideer met Prodist (Edms) Bpk. Die effektiewe datum van die integrasie was 1 Desember 2018. Die integrasie vorm ‘n gemeenskaplike beheertransaksie en die netto bates word teen drabedrag oorgedra na Prodist (Edms) Bpk. Behalwe vir die bogenoemde, is die direkteure nie bewus van enige ander wesenlike gebeure wat na die verslagdoeningsdatum tot en met die datum van hierdie verslag plaasgevind het nie. 7. VERANDERING IN REKENINGKUNDIGE BELEIDE Sedert die laaste gerapporteerde jaarstate, vir die jaar geëindig 30 April 2018, het die groep se rekeningkundige beleide verander om IFRS 9, Finansiële Instrumente en IFRS 15, Inkomste vanuit kontrakte met kliënte/klante, aan te neem. Die vereistes van hierdie standpunte is geëvalueer en daar word nie verwag dat dit ‘n wesenlike finansiële impak op die finansiële state van die groep sal hê nie. Die standpunte het egter addisionele openbaarmakingsvereistes. Met volmag van die direksie AJ Kruger NDP Liebenberg Voorsitter Ondervoorsitter Klerksdorp 5 Desember 2018 DIREKTEURE: AJ Kruger (Voorsitter), NDP Liebenberg (Ondervoorsitter), JDM Minnaar, JJ Minnaar, TF van Rooyen, WH van Zyl. 8 SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2018