Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Jaarverslag | Page 7

Die suksesvolle verkryging van die meerderheidsbelang deur die Senwes groep in KLK Landbou Beperk was ongetwyfeld ‘n hoogtepunt en ‘n groot prestasie. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om die KLK aandeelhouers wat gekies het om Senwesbel aandele op te neem, by ons te verwelkom. Aangesien die KLK transaksie na jaareinde gesluit is, reflekteer die impak van die transaksie egter nog nie in die 30 April 2019 state nie. VOORUITSIGTE Die direksie beoog om in die komende jaar voort te gaan met die strategieë wat die afgelope jare geïmplementeer is met betrekking tot beide waardeskepping en ontsluiting, wat insluit: l Terugkoop van Senwesbel aandele; l Koop en/of verkoop van Senwes aandele; l Samewerking met ander landboubedrywe; l Ondersteuning van Senwes met die verdere uitbreiding van bedrywe en beleggings; en l Evaluering van die voortgesette toepaslikheid van die huidige beheerstruktuur. BEDANKINGS Aan die direkteure, personeel en bestuur van Senwesbel en Senwes, vir julle volgehoue toewyding en passie in die uitvoering van jul pligte – baie dankie daarvoor. Laastens moet ons met nederigheid weer erken dat ons net met dank erkenning kan gee aan ons Hemelse Vader, wat ons lei en behoed en deur Wie alles moontlik is. Dit is dus my voorreg om aan u hierdie state en verslag te kan voorhou. AJ KRUGER Voorsitter Klerksdorp 27 Junie 2019 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2019 6