Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Jaarverslag | Page 6

VOORSITTERSVERSLAG VIR DIE SENWESBEL GROEP AJ (DRIES) KRUGER VOORSITTER GEAGTE AANDEELHOUER ‘Aan ‘n nuwe wa kan jy sien of dit ‘n goeie verwer was, aan ‘n oue of dit ‘n goeie wamaker was.’ CJ Langenhoven. Senwes is vanjaar ‘n 110 jaar oud. As ons terugkyk oor die afgelope jaar kan mens weer met trots sê dat die genetika wat die groep so lank gedra het, nog gedy. Daar is weer, te midde van vele uitdagings in die landbou sowel as moeilike ekonomiese en politieke omstandighede, geslaag om nie net winsgewend te wees nie maar bo verwagting te presteer. Hierdie uitdagings word volledig deur Danie Minnaar in sy 2019 Voorsittersverslag van die Senwes groep bespreek daarom word dit nie hier herhaal nie. Die volgehoue prestasie van die Senwes groep het dit moontlik gemaak dat Senwesbel die afgelope jaar ‘n dividend inkomste van R54 miljoen ontvang het en die beleggingswaarde in Senwes in wese behoue gebly het op om en by R1,1 miljard. Die lae verhandeling van Senwes en Senwesbel aandele veroorsaak dat die aandele teen `n diskonto verhandel. Gemeet teen die prestasie van ‘n JSE-aandeelbeurs die afgelope twee jaar en as in ag geneem word dat min aandele verhandel en beskikbaar is vir verhandeling, het die groep se aandelepryse redelik presteer. Die strategiese fokus van die direksie is en bly waardeskepping en die soek na geleenthede vir ontsluiting deur, onder andere, die ondersteuning van Senwes se kort- en langtermynbelange. 5 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2019 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06