Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Jaarverslag | Page 3

INLEIDING EN BESTEK VAN DIE VERSLAG Die Senwesbel direksie bied met trots aan die verkorte jaarverslag vir die Senwesbel groep vir die jaar geëindig 30 April 2019. Die verslag moet saamgelees word met die volledige finansiële jaarstate (slegs beskikbaar in Engels) op die Senwes webtuiste. ‘n Onafhanklike oudit van die groep se finansiële jaarstate is deur Ernst & Young Ing. uitgevoer. Senwesbel Beperk, as beleggingsmaatskappy, is die grootste aandeelhouer in Senwes Beperk, wat ook die enigste belegging is wat deur Senwesbel gehou word. ‘n Korporatiewe beheerverslag, bedryfsoorsig en volhoubaarheidsverslag is nie in die Senwesbel verkorte jaarverslag ingesluit nie. Verwys na die Senwes webtuiste, www.senwes.co.za, waar dié verslae volledig geopenbaar word. Hierdie verslag fokus op die gebeure wat gedurende die jaar geëindig 30 April 2019 plaasgevind het en maak relevante vergelykings met vorige tydperke. VERSLAGDOENINGSBEGINSELS Waar toepaslik voldoen die inligting wat hierin verskaf word aan die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet nr. 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat deur die groep toegepas is gedurende die jaar onder oorsig, is in ooreenstemming met die beleid wat gevolg is in die voorbereiding van die groep se jaarlikse finansiële state van die vorige jaar, behalwe waar rekeningkundig standaarde verander en/of opgedateer is. Die inligting in hierdie verslag is nie aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig onderwerp nie en is saamgestel op grond van interne rekords en publieke inligting onder toesig van EX Walker, GR (SA). Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2019 2