Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2018/2019 Jaarverslag | Page 13

SEGMENTOORSIG VAN DIE SENWESBEL GROEP SEGMENTINLIGTING Vir bestuurs-­ en beheerdoeleindes is die groep georganiseer in bedryfseenhede op grond van hul produkte, dienste en klante wat uit die volgende rapporteerbare segmente bestaan: BELEGGINGSAKTIWITEITE (Senwesbel) Dit is Senwesbel se strategie om te belê in landbou en landbouverwante besighede. Op jaareinde besit Senwesbel slegs aandele in Senwes Beperk. FINANSIËLE DIENSTE (Senwes Credit, Senwes Batefinansiering, Certisure groep en Molemi Sele) Toestaan van krediet aan landbouprodusente en graankopers. Senwes Credit verskaf ook landboudienste aan sy groeiende kliëntebasis. Certisure se inkomste sluit kommissie ontvang op korttermyn-­, oes-­ en lewensversekeringspremies en administrasiefooie in. Molemi Sele hou beleggings in landboumaatskappye, ‘n indeksnavolgingsfonds en selherversekering. INSETVERSKAFFING (Senwes Equipment, JD Implemente, Staalmeester, Hinterland groep en Bastion Lime group) Verkope by die handelstakke, direkte verkope van boerdery­insette en verkope van meganisasiegoedere en onderdele, asook die diens van sodanige boerdery- en ander meganisasiegoedere. Grootmaatverkope van landbou en industriële kleinhandelsprodukte aan landbou-kleinhandelsafsetpunte. MARKTOEGANG (Senwes Grainlink, Tradevantage, Senwes Graanmakelaars, Grainovation en ESC) Inkomste ontvang vir die hantering en berging van landbouprodukte, sowel as die vervoer van graankommoditeite. Kommissie ontvang vir die bemarking van graan en inkomste ontvang uit die verkope van eie graan. Elektroniese uitreiking en verhandeling van silosertifikate. KORPORATIEF (Senwes Aandeelaansporing- skema Trust, Thobo Trust, Senwes Capital en Senwes Agrowth) Hoofkantoordienste, inligtingstegnologie, menslike hulpbronne, eiendomme, sentrale administrasie, vlootbestuur, sekretariaat, korporatiewe bemarking, risikobestuur, interne oudit, strategiese ontwikkeling, groepfinansies, innovasie en integrasie, besigheidsontwerp en tesourie en korporatiewe beheer. Inkomstebelasting word op ‘n groepsbasis bestuur en word nie na bedryfsegmente toegedeel nie. Dienste gelewer tussen verwante partye, soos getoon in bedryfsegmente, is op ‘n armlengtebasis soos soortgelyke transaksies met derde partye. Die Uitvoerende Komitee monitor die bedryfsresultate van sy bedryfseenhede apart vir doeleindes van die neem van besluite oor hulpbronne en prestasie-evaluering. Segmentprestasie word geëvalueer op grond van bedryfswins of - ­ verlies en konsekwent gemeet teenoor bedryfswins of ­-verlies in die gekonsolideerde finansiële state. Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2019 12