SEGMENTOORSIG
VAN DIE SENWESBEL GROEP
SEGMENTINLIGTING
Vir bestuurs- en beheerdoeleindes is die groep georganiseer in bedryfseenhede op grond van hul produkte, dienste en
klante wat uit die volgende rapporteerbare segmente bestaan:
BELEGGINGSAKTIWITEITE
(Senwesbel) Dit is Senwesbel se strategie om te belê in landbou en landbouverwante
besighede. Op jaareinde besit Senwesbel slegs aandele in Senwes Beperk.
FINANSIËLE DIENSTE
(Senwes Credit, Senwes
Batefinansiering, Certisure groep
en Molemi Sele) Toestaan van krediet aan landbouprodusente en graankopers. Senwes Credit
verskaf ook landboudienste aan sy groeiende kliëntebasis. Certisure se inkomste
sluit kommissie ontvang op korttermyn-, oes- en lewensversekeringspremies en
administrasiefooie in. Molemi Sele hou beleggings in landboumaatskappye, ‘n
indeksnavolgingsfonds en selherversekering.
INSETVERSKAFFING
(Senwes Equipment, JD
Implemente, Staalmeester,
Hinterland groep en Bastion Lime
group) Verkope by die handelstakke, direkte verkope van boerderyinsette en verkope
van meganisasiegoedere en onderdele, asook die diens van sodanige boerdery-
en ander meganisasiegoedere. Grootmaatverkope van landbou en industriële
kleinhandelsprodukte aan landbou-kleinhandelsafsetpunte.
MARKTOEGANG
(Senwes Grainlink, Tradevantage,
Senwes Graanmakelaars,
Grainovation en ESC) Inkomste ontvang vir die hantering en berging van landbouprodukte, sowel as
die vervoer van graankommoditeite. Kommissie ontvang vir die bemarking van
graan en inkomste ontvang uit die verkope van eie graan. Elektroniese uitreiking
en verhandeling van silosertifikate.
KORPORATIEF
(Senwes Aandeelaansporing-
skema Trust, Thobo Trust, Senwes
Capital en Senwes Agrowth) Hoofkantoordienste, inligtingstegnologie, menslike hulpbronne, eiendomme,
sentrale administrasie, vlootbestuur, sekretariaat, korporatiewe bemarking,
risikobestuur, interne oudit, strategiese ontwikkeling, groepfinansies, innovasie en
integrasie, besigheidsontwerp en tesourie en korporatiewe beheer.
Inkomstebelasting word op ‘n groepsbasis bestuur en word nie na bedryfsegmente toegedeel nie. Dienste gelewer tussen
verwante partye, soos getoon in bedryfsegmente, is op ‘n armlengtebasis soos soortgelyke transaksies met derde partye. Die
Uitvoerende Komitee monitor die bedryfsresultate van sy bedryfseenhede apart vir doeleindes van die neem van besluite
oor hulpbronne en prestasie-evaluering. Segmentprestasie word geëvalueer op grond van bedryfswins of - verlies en
konsekwent gemeet teenoor bedryfswins of -verlies in die gekonsolideerde finansiële state.
Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06
SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2019
12