Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2017/2018 Tussentydse Resultate | Page 3

INLEIDING D ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwesbel Beperk (die “maat- skappy”) vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2017 sluit in die maatskappy, sy filiaal en dié se filiale, gesamentlik beheerde ondernemings en geassossieerde (gesamentlik na verwys as die “groep”). Die Senwesbel Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate, insluitend die staat van omvattende inkomste, staat van finansiële posisie, staat van veranderinge in ekwiteit en staat van kontantvloeie vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2017, word voorberei ooreenkomstig die vereistes van die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (International Financial Reporting Standards) (IFRS) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (International Accounting Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (South African Institute of Chartered Accountants) (SAICA), Finansiële Rapporteringsriglyne (Financial Reporting Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uitgereik deur die Finansiële Verslag- doeningstandaarderaad (Financial Reporting Standards Council), die voorleggingsvereistes van IAS 34 Tussentydse Finansiële Verslagdoening en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, nr. 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van hierdie verkorte ge- konsolideerde tussentydse resultate is ooreenkomstig IFRS en is konsekwent met die rekeningkundige beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde jaarstate. Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer nie en ‘n onafhanklike oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure nie. Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state sluit nie alle inligting en openbaarmaking in soos vereis vir die jaarlikse finansiële state nie en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finansiële state soos op 30 April 2017. Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders aangedui. Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir die voorbereiding van hierdie verslag. Die groep se resultate is onder toesig van R Wolmarans, GR(SA) voorberei. SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2017 1