Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2017/2018 Jaarverslag | Page 6

VOORSITTERSVERSLAG VIR DIE SENWESBEL GROEP GEAGTE AANDEELHOUER Dante het gesê dat onsekerheid kreatiwiteit skep maar dat sekerheid voorspoed bring. Die afgelope jaar het weereens beide sekerheid en onsekerheid ingehou. Senwes se kernbesigheid het gedurende die afgelope finansiële jaar goed presteer, wat tot gevolg gehad het dat ‘n totale dividend van R50 miljoen vanaf Senwes ontvang is, met ‘n totale beleggingswaarde in Senwes op jaareinde van R1 miljard. Die direksie het besluit om ‘n klein gedeelte van die belegging in Senwes te likwideer en die opbrengs aan te wend om aandele terug te koop. Die terugkoopprogram skep volgens die direksie waarde en gee ook aan aandeelhouers ‘n waardeontsluitingsgeleentheid, terwyl likiditeit van die maatskappy se aandele laag is. Die direksie het in samewerking met die Senwes Sekretariaat daarin geslaag om sekere verhandelingskoste op ZAR X te verlaag. Aandeelhouers word egter gemaan om die koste verbonde aan verhandeling op ZAR X sowel as die belasting- en ander implikasies met die maatskappysekretaris, Senwes Sekretariaat en/of `n belastingkundige na te gaan voor enige verhandeling gedoen word. Die direksie streef daarna om waardeontsluitingsgeleenhede te skep. Verskeie moontlikhede is die afgelope jaar ondersoek, wat moontlike korporatiewe aksies in die landou ingesluit het. As meerderheids- aandeelhouer in Senwes word daar nou saamgewerk met die Senwes bestuur en word die inisiatiewe deur die Senwes bestuur ondersteun. Alhoewel die land polities ‘n nuwe era betree het, bly die politieke onsekerhede en veral die vrae ten opsigte van grondhervorming ‘n bron van kommer. Die direksie, tesame met Senwes se bestuur, monitor die posisie en waar die geleentheid ontstaan, word daar deelgeneem aan die toepaslike gesprekke. Verder bly die kwessie van die veiligheid van ons produsentekorps steeds ‘n knelpunt en het die moord vroeër vanjaar op mnr Dirk Steenkamp ons gemeenskap geruk. VOORUITSIGTE Die direksie beoog om in die komende jaar voort te gaan met die strategieë wat die afgelope jare geïmplementeer is en wat insluit: AJ (DRIES) KRUGER VOORSITTER 5 l Ondersteuning aan Senwes om die resultate te normaliseer en om SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2018 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06