INLEIDING EN
BESTEK VAN DIE VERSLAG
Die Senwesbel direksie bied met trots die verkorte jaarverslag vir die Senwesbel groep vir die jaar geëindig 30 April 2018 aan.
Die verslag moet saamgelees word met die volledige finansiële jaarstate (slegs beskikbaar in engels) op die Senwes webtuiste.
‘n Onafhanklike oudit van die groep se finansiële jaarstate is deur Ernst & Young Ing. uitgevoer.
Senwesbel Beperk, as beleggingsmaatskappy, is die grootste aandeelhouer in Senwes Beperk, wat ook die enigste belegging
is wat deur Senwesbel gehou word. ‘n Korporatiewe beheerverslag, bedryfsoorsig en volhoubaarheidsverslag is nie in die
Senwesbel verkorte jaarverslag ingesluit nie. Verwys na die Senwes Beperk webtuiste, www.senwes.co.za, waar dié verslae
volledig geopenbaar word.
Hierdie verslag fokus op die gebeure wat gedurende die jaar geëindig 30 April 2018 plaasgevind het en maak relevante
vergelykings met vorige tydperke.
VERSLAGDOENINGSBEGINSELS
Waar toepaslik voldoen die inligting wat hierin verskaf word aan die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde
(IFRS) en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet nr. 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat deur die groep toegepas is
gedurende die jaar onder oorsig, is in ooreenstemming met die beleid wat gevolg is in die voorbereiding van die groep se
jaarlikse finansiële state van die vorige jaar.
Die inligting in hierdie verslag is nie aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig onderwerp nie en is saamgestel op grond van interne
rekords en publieke inligting onder toesig van R Wolmarans, GR (SA).
Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06
SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2018
2