Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2016/2017 Tussentydse Resultate | Page 3

INLEIDING D ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwesbel Beperk (die “maatskappy”) vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2016 sluit in die maatskappy, sy filiaal en dié se filiale en gesamentlik beheerde on- dernemings (gesamentlik na verwys as die “groep”). Die Senwesbel Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate, insluitend die staat van finansiële posisie, staat van omvattende inkomste, staat van ver- andering in ekwiteit en kontantvloeistaat vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2016, word voorberei ooreenkomstig die vereistes van die Interna- sionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (International Financial Reporting Standards (IFRS)) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (International Accounting Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (South African Institute of Chartered Accountants (SAICA)), Finansiële Rapporteringsriglyne (Financial Reporting Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarderaad (Financial Reporting Stan- dards Council), die voorleggingsvereistes van IAS 34 Interim Finansiële Verslag- doening en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van hierdie verkorte tussentydse resultate is ooreenkomstig IFRS en is konsekwent met die rekeningkundige beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde jaarstate. Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer en ‘n onafhanklike oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure nie. Die tussentydse verkorte fi- nansiële state sluit nie alle inligting en openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state nie en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finansiële state soos op 30 April 2016. Alle bates en laste  gemeet teen billike waarde is gebaseer op gekwoteerde markpryse in ‘n aktiewe mark en is derhalwe openbaar as vlak 1. Daar was geen verandering in vlakke en geen nuwe items is bygevoeg sedert die jaarlikse fi- nansiële state van 30 April 2016 nie. Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders aangedui. Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir die voorberei- ding van hierdie verslag. Die groep se resultate is voorberei onder toesig van R Wolmarans GR (SA). DIVIDENDVERKLARING D ie raad van direkteure het besluit om die oorweging van ‘n interim dividend uit te stel na Maart 2017 ten einde eers groter sekerheid te verkry oor die huidige seisoen se potensiaal. SENWESBEL TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2016 1