Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2016/2017 Jaarverslag | Page 7

VOORUITSIGTE Die direksie beoog om in die komende jaar voort te gaan met die strategieë wat die afgelope jare toegepas is, wat insluit: • Ondersteuning aan Senwes om die resultate weer te normaliseer en om geleenthede vir groter samewerking met ander landboubedrywe te ondersteun; • Om geleenthede vir belegging in landbou- en ander beleggings te ondersoek; • Om waardeontsluitingsgeleenthede te oorweeg; en • Likiditeit in aandeleverhandeling te bevorder. Senwesbel steun graag Senwes se uitbreidingsplanne en is belyn met Senwes se strategiese plan. BEDANKINGS Die direkteure, personeel en bestuur van Senwesbel en Senwes – jul toewyding en passie in die uitvoering van jul pligte was veral opmerklik tydens een van die moeilikste landboujare in die bestaan van die maatskappy – baie dankie daarvoor. Ons kyk met nederigheid terug oor die afgelope jaar en dra ons opregte dank oor aan ons Hemelse Vader, met Wie alles moontlik is. DRIES KRUGER Voorsitter Klerksdorp 29 Junie 2017 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2017 6