Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2015/2016 Jaarverslag | Page 6

VOORSITTERS- VERSLAG GEAGTE AANDEELHOUER Senwesbel se enigste belegging is steeds die aandele in Senwes Bpk met die gevolglike instandhouding van die Senwes Bpk beheerstruktuur. U direksie kyk egter deurlopend na geleenthede vir groter samewerking met ander beleggers en vir ander beleggingsgeleenthede in landbou. Totdat daar beter geleenthede vir samewerking of waardeontsluiting is, sal beheer oor Senwes behou word. Alhoewel Senwesbel se mandaat ook beleggings in ander maatskappye insluit, is geoordeel dat die beste belegging in die jaar onder oorsig die verkryging van addisionele aandele in die Senwes groep was. Gedurende die jaar is die volgende aandele gekoop: 2 996 023 Senwesbel Bpk aandele – R20,4 miljoen (R6,80 gemiddeld per Senwesbel aandeel) 705 633 Senwes Bpk aandele – R7,6 miljoen (R10,77 gemiddeld per Senwes aandeel) Senwesbel se aandeelprys verhandel teen `n diskonto gemeet teen die netto batewaarde van `n aandeel soos op 30 April 2016. Die vergelyking van netto batewaarde teenoor die markprys vir die afgelope vyf jaar is soos volg: 2016 2015 2014 2013 2012 Netto batewaarde per aandeel (R) R7,44 R7,79 R7,75 R7,06 R6,06 Markprys per aandeel (R) R6,00 R7,00 R5,20 R4,60 R4,50 Die diskonto as die markwaarde van die aandeel gemeet word teen die intrinsieke waarde kan toegeskryf word aan die lae likiditeit, die beperking op aandeelhouding en die beperking op die kwalifikasie van `n aandeelhouer. Senwesbel se dividendopbrengs van 4,5% vergelyk goed met 5,3% vir 2015. Stram ekonomiese toestande weens veral die droogte en die verswakking in die wisselkoers het veroorsaak dat heelwat meer Senwesbel aandele as gewoonlik te koop aangebied is. Daarteenoor het die vraag na Senwesbel aandele gedaal. Die aandeelhouers van die maatskappy is ‘n goeie mengsel van ernstige beleggers en `n groot aantal aandeelhouers wat goeie dividendopbrengste kry en potensiaal het vir waardeontsluiting. 5 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2016 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06