Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2015/2016 Jaarverslag | Page 3

INLEIDING EN BESTEK VAN DIE VERSLAG Die Senwesbel direksie bied met trots die verkorte jaarverslag vir die Senwesbel groep vir die jaar geëindig 30 April 2016 aan. Die verslag moet saamgelees word met die volledige finansiële jaarstate op die Senwes webtuiste. ‘n Onafhanklike oudit van die groep se finansiële jaarstate is deur Ernst & Young Ing. uitgevoer. Senwesbel Beperk as beleggingsmaatskappy is die grootste aandeelhouer in Senwes Beperk, wat ook die enigste belegging is wat deur Senwesbel gehou word. ‘n Korporatiewe beheerverslag, bedryfsoorsig en volhoubaarheidsverslag is nie in die Senwesbel verkorte jaarverslag ingesluit nie. Verwys asseblief na die Senwes Beperk webblad, www.senwes.co.za, waar dié verslae volledig geopenbaar word. Hierdie verslag fokus op die gebeure wat gedurende die jaar geëindig 30 April 2016 plaasgevind het en maak relevante vergelykings met vorige tydperke. VERSLAGDOENINGSBEGINSELS Waar toepaslik voldoen die inligting wat hierin verskaf word aan die Internasionale Finansiële Verslagdoening- standaarde (IFRS) en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet nr. 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid wat deur die groep toegepas is gedurende die jaar onder oorsig is in ooreenstemming met die beleid wat gevolg is in die voorbereiding van die groep se jaarlikse finansiële state van die vorige jaar. Die inligting in hierdie verslag is nie aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig onderwerp nie en is saamgestel op grond van interne rekords en publieke inligting onder toesig van CF Kruger, GR (SA). Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2016 2