Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2015/2016 Jaarverslag | Page 13

SEGMENT- OORSIG SEGMENTINLIGTING Vir bestuur-­ en beheerdoeleindes is die groep georganiseer in bedryfseenhede op grond van hul produkte, dienste en klante wat uit die volgende rapporteerbare segmente bestaan: BELEGGINGSAKTIWITEITE (Senwesbel) Dit is Senwesbel se strategie om te belê in landbou en landbouverwante besighede. Op jaareinde besit Senwesbel slegs aandele in Senwes. FINANSIËLE DIENSTE (Senwes Credit, Senwes Batefinansiering & Certisure groep) Toestaan van krediet aan landbouprodusente en graankopers. Senwes Credit verskaf ook landboudienste aan sy groeiende kliëntebasis. Certisure sluit kommissie ontvang op korttermyn-­, oes-­ en lewensversekeringspremies en administrasiefooie in. INSETVERSKAFFING (Senwes Equipment, JD Implemente, Hinterland groep & Grasland Ondernemings) Verkope by die handelstakke, direkte verkope van boerdery­ insette en verkope van meganisasiegoedere en onderdele. MARKTOEGANG (Senwes Grainlink, Tradevantage, Graanmakelaars, Grainovation & ESC) Inkomste ontvang vir die hantering en berging van landbouprodukte sowel as die vervoer van graankommoditeite. Kommissie ontvang vir die bemarking van graan en inkomste ontvang uit die verkope van eie graan. Elektroniese uitreiking en verhandeling van silosertifikate. KORPORATIEF (Molemi Sele, Senwes Share Incentive Trust, Thobo Trust, Senwes Capital, Senwes Agrowth) Hoofkantoordienste, inligtingstegnologie, menslike hulpbronne, eiendomme, sentrale administrasie, vlootbestuur, sekretariaat, regsdienste, korporatiewe bemarking, risikobestuur, interne oudit, strategiese ontwikkeling, groep- finansies, korporatiewe finansies, tesourie en direkteure. Inkomstebelasting word op ‘n groepsbasis bestuur en word nie na bedryfsegmente toegedeel nie. Dienste gelewer tussen verwante partye soos getoon in bedryfsegmente is op ‘n armlengtebasis soos soortgelyke transaksies met derde partye. Bestuur monitor die bedryfsresultate van sy bedryfseenhede apart vir doeleindes van die neem van besluite oor hulpbronne en prestasie-evaluering. Segmentprestasie word geëvalueer op grond van bedryfswins of - ­ verlies en konsekwent gemeet teenoor bedryfswins of ­-verlies in die gekonsolideerde finansiële state. Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2016 12