Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2015/2016 Jaarverslag | Page 7

BELEGGING IN SENWES Senwes se wesensverdienste het van 175,2 sent per aandeel na 79,3 sent per aandeel gedaal as gevolg van die moeilike handelsomstandighede. Volgens Senwes se dividendbeleid word dividende betaal teen `n laer dividenddekking wanneer winste daal om dividende stabiel te hou. Die dividendopbrengs van 4,1% vergelyk goed met 4,5% vir 2015. VOORUITSIGTE Die direksie beoog die volgende vir die komende jaar: - Die verhandeling van die maatskappy se aandele op die ZARX-beurs; - Ondersteuning aan Senwes om die resultate weer te normaliseer en om geleenthede vir groter samewerking met ander landboubedrywe te ondersteun; - Geleenthede vir belegging in landbou en ander beleggings te ondersoek; - Waardeontsluitingsgeleenthede te oorweeg soos: Samewerking met ander bedrywe in landbou; Uitbreiding van die Senwes belegging; Terugkoop van Senwesbel aandele; Verkoop van Senwes belegging. Senwesbel steun graag Senwes se uitbreidingsplanne en is belyn met Senwes se strategiese plan. BEDANKINGS Die direkteure, personeel en bestuur van Senwesbel en Senwes – jul toewyding en passie in die uitvoering van jul pligte is veral opmerklik tydens een van die moeilikste landboujare in die bestaan van die maatskappy – baie dankie daarvoor. Ons kyk met nederigheid terug op die afgelope jaar en dra ons opregte dank oor aan ons Hemelse Vader, met Wie alles moontlik is. DRIES KRUGER Voorsitter Klerksdorp 30 Junie 2016 Senwesbel Beperk Reg nr: 1996/017629/06 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2016 6