Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2014/2015 Tussentydse Resultate | Page 7

sedert 30 April 2014 as beëindigde bedrywighede geopenbaar in die Senwes Groep finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 30 April 2014. Aksies om die bedry- we te beëindig is reeds in proses en die proses behoort binne die volgende 6 maande afgehandel te wees. 4. VERANDERING IN LANGTERMYNAANSPORINGSKEMA Die langtermyn kontantvereffende aansporingskema is gedurende die periode onder oorsig omgeskakel na ‘n aandeelgebaseerde aansporingskema. Ekwiteitsvereffende aandeelgebaseerde uitgawe is gemeet teen die billike waarde van die ekwiteitsinstrumente soos op die toekenningsdatum, ongeag die billike waarde van die instrument wanneer dit vestig.  Die aandeelgebaseerde betalingsuitgawe sal erken word oor die vestigingsperiode.  Die vestigingsperiode sluit in die diensvereistes wat aan ‘n toekenning gekoppel is.  Die uitgawe sal derhalwe erken en versprei word oor die periode vanaf die toek- enningsdatum tot die vestigingsdatum.  Die lengte van hierdie periode sal verskil van tranche tot tranche. Die uitgawe erken vir die periode geëindig 31 Oktober 2014 beloop R6,2 miljoen. 5. AANDELE AANGEKOOP IN SENWES BEPERK Addisionele aandele is in Senwes Beperk bekom gedurende die periode onder oorsig. Senwesbel Beperk se aandeelhouding in Senwes Beperk het verhoog met 0.18% na 51.27%. 6. NWK BEHEREND BEPERK EN SENWESBEL KONSOLIDASIE Die samewerkingspoging met NWK Beherend het nie geslaag nie. Alhoewel die oorgrote meerderheid van die NWK Beheerend aandeelhouers die beoogde transaksie gesteun het, kon die vereiste perk nie verkry word nie 7. DIVIDEND ‘n Tussentydse dividend van 16 sent per aandeel (2013: 24 sent) word verklaar. Alle aandeelhouers wat as sulks geregistreer is in die aandeleregister op 8 Desember 2014 sal dividende ontvang, wat op ongeveer 12 Desember 2014 uitbetaal sal word. Met volmag van die Direksie AJ Kruger NDP Liebenberg Voorsitter Ondervoorsitter 4 Desember 2014 Klerksdorp 6