Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2014/2015 Jaarverslag | Page 7

FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Senwesbel het aandeelhouersverdienste van R234 miljoen gedurende die periode onder oorsig gegenereer. Dividende van R39 miljoen is uitbetaal. Senwesbel het ook ‘n netto groei in ekwiteit van R80 miljoen gereflekteer en ons kondig graag ‘n verdienste per aandeel van 106.4 sent aan. ‘n Finale dividend van R19 miljoen is voorgestel. Die totale dividend vir die jaar beloop 32 sent per aandeel. Die direksie spreek graag sy opregte dank en waardering uit teenoor die Senwes bestuurspan vir hul deurlopende hoë uitsetvlakke in die handhawing van goeie korporatiewe beheer en bedryfsprestasie ten einde die doelwitte van die Groep te behaal. DIE JAAR VORENTOE Die droogtetoestande sal ongetwyfeld ‘n impak op die besigheid hê, maar ek is vol vertroue dat ons strategieë die krisis sal kan weerstaan en dat ons sal kan voortgaan om waarde toe te voeg vir ons aandeelhouers. Ons fokus op diversifikasie en konsolidasie behoort tot selfs beter risikobestuursvlakke en verhoogde opbrengs aanleiding te gee. BEDANKINGS Aan al die personeel en die bestuur van Senwesbel en Senwes – jul toewyding en passie in die uitvoering van jul pligte is verwesenlik in ons prestasie en sukses. Hou vol daarmee! Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om Joe Maswanganyi te verwelkom as uitvoerende direkteur van Senwes. Joe, wat in 2001 by Senwes aangesluit het, het ‘n uitstekende insig in die landbousektor ontwikkel en lewer uiters waardevolle bydraes tot die besigheid. Ons kyk met nederigheid terug op die afgelope jaar en dra ons opregte dank oor aan ons Hemelse Vader, met Wie alles moontlik is. DRIES KRUGER Voorsitter Klerksdorp 30 Junie 2015 SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2015 6