Senwesbel Annual Reports Senwesbel 2014/2015 Jaarverslag | Page 13

SEGMENTOORSIG SEGMENTINLIGTING Vir bestuur-­ en beheerdoeleindes is die Groep georganiseer in bedryfseenhede op grond van hul produkte, dienste en klante wat uit die volgende rapporteerbare segmente bestaan: BELEGGINGSAKTIWITEIT (Senwesbel) Dit is Senwesbel se strategie om belange in ander landbou- en verwante besighede te oorweeg. Op jaareinde besit Senwesbel slegs aandele in Senwes. FINANSIËLE DIENSTE (Senwes Credit & Certisure Groep) Toestaan van krediet aan landbouprodusente en graankopers. Senwes Credit verskaf landboudienste aan sy groeiende kliëntebasis. Certisure sluit kommissie ontvang op korttermyn-­, oes-­ en lewensversekeringspremies en administrasiefooie in. INSETVERSKAFFING (Senwes Meganisasie & Hinterland Groep) Verkope by die handelstakke, direkte verkope van boerdery­ insette en verkope van meganisasiegoedere en onderdele. MARKTOEGANG (Senwes Grainlink, Tradevantage & Bunge Senwes) Inkomste ontvang vir die hantering en berging van landbouprodukte. Kommissie ontvang vir die bemarking van graan. Inkomste ontvang uit die verkope van eie graan. KORPORATIEF Hoofkantoordienste, inligtingstegnologie, menslike hulpbronne, eiendomme, sentrale administrasie, vlootbestuur, sekretariaat, regsdienste, korporatiewe bemarking, risikobestuur, interne oudit, strategiese ontwikkeling, groep- finansies, korporatiewe finansies, tesourie en direkteure. Inkomstebelasting word op ‘n groepsbasis bestuur en word nie na bedryfsegmente toegedeel nie. Dienste gelewer tussen verwante partye soos getoon in bedryfsegmente is op ‘n armlengtebasis soos soortgelyke transaksies met derde partye. Bestuur monitor die operasionele resultate van sy bedryfseenhede apart vir doeleindes van die neem van besluite oor hulpbronne en prestasie-evaluering. Segmentprestasie word geëvalueer op grond van bedryfswins of -verlies en konsekwent gemeet teenoor bedryfswins of ­-verlies in die gekonsolideerde finansiële state. SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2015 12