INLEIDING
EN BESTEK VAN DIE VERSLAG
Die Senwesbel Direksie bied met trots die verkorte jaarverslag vir die Senwesbel Groep vir die jaar geëindig 30
April 2015 aan. Hierdie verslag is die primêre rapporteringsvoertuig en die enigste verslag in gedrukte vorm. Dit
moet saamgelees word met die volledige finansiële jaarstate op die Senwes webtuiste. ‘n Onafhanklike oudit
van die Groep se finansiële jaarstate is deur Ernst & Young Ing. uitgevoer.
Senwesbel Beperk as beleggingsmaatskappy is die grootste aandeelhouer in Senwes Beperk, wat ook
die enigste belegging is wat deur Senwesbel gehou word. ‘n Korporatiewe beheerverslag, bedryfsoorsig,
geïntegreerde en volhoubaarheidsverslag is nie in die Senwesbel verkorte jaarverslag ingesluit nie. Verwys
asseblief na die Senwes Beperk webblad, www.senwes.co.za, waar dié verslae volledig geopenbaar word.
Hierdie verslag fokus op die gebeure wat gedurende die jaar geëindig 30 April 2015 plaasgevind het en maak
relevante vergelykings met vorige tydperke.
VERSLAGDOENINGSBEGINSELS
Waar toepaslik voldoen die inligting wat hierin verskaf word aan die Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet nr. 71 van 2008. Die rekeningkundige beleid
wat deur die Groep toegepas is gedurende die jaar onder oorsig is in ooreenstemming met die beleid wat gevolg
is in die voorbereiding van die Groep se jaarlikse finansiële state van die vorige jaar.
Die inligting in hierdie verslag is nie aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig onderwerp nie en is saamgestel op grond
van interne rekords en publieke inligting onder toesig van CF Kruger, GR (SA).
SENWESBEL VERKORTE JAARVERSLAG 2015
2