Senwes Scenario September - November 2021 | Page 64

JAG

SKOONMAAK EN BERGING

VAN MY JAGGEWEER NA DIE JAGSEISOEN

Die meeste van ons jagters is skuldig daaraan om nie ons jaggewere skoon te maak na die jagseisoen nie .
Jaco Kruger Hinterland Manager : Weaponry & Ammo

Die bedoeling is daar om skoon te maak , maar dan bekruip die lewe ons en dit word nie gedoen nie . Moenie daardie tipe jagter wees nie . Die skoonmaak en berging van die jaggeweer na die jagseisoen is uiters belangrik . Dit gaan maande wees voor jy jou jaggeweer weer gebruik en die korrekte skoonmaak en berging gaan jou baie geld en tyd spaar voor die volgende jagseisoen .

' n Volle jagseisoen , veral as jy meer as eenkeer gaan jag , sit baie stremming op jou jaggeweer . Die klimaat speel ' n groot rol , veral stof wat oral op die wapen sit , stampe , houe op die wapen agter op die jagvoertuig , jagters wat stap , die krap van boomtakke , ensovoorts . As jy mooi gaan dink aan alles wat die jaggeleentheid jou gebied het , sal jy saamstem dat jou jaggeweer baie mooi opgepas moet word . Gebruik die volgende wenke om jou wapen reg skoon te maak en te berg sodat hy met die volgende jagseisoen in goeie werkende orde kan wees .
Kom ons kyk eerste na ons kluis , die bergingsplek . In Suid-Afrika word jy wetlik verplig om jou vuurwapens in ' n kluis te berg . Maak seker jou kluis is in ' n koel , nie-vogtige deel van jou huis . Ek ken mede-skuts wie se kluise in kaste binne die badkamer is . Vog is jou grootste vyand met die berging van wapens . Daar is baie produkte op die mark wat jy in jou kluis kan plaas om die vog daarin te onttrek . Dit is ' n baie goeie idee om dit te gebruik in enige kluis waar vuurwapens geberg word . Maak net seker om dit na die voorgeskrewe tyd te vervang . Lees die gebruiksaanwysings op die item om te sien wanneer die chemikalieë verval - meestal na drie maande .
Wapens moet glad nie in ' n tas of geweersak geberg word nie . Die wapen sweet en sodoende word die roesproses versnel . Daar is silikoonkouse beskikbaar in die mark wat jy oor jou jaggeweer kan trek .
Bogenoemde sal baie help met die voorkoming van die roesproses deur vog uit te hou , wat dan ook help met die bekerming van die hout op die geweer .
Jaggewere moet altyd met die loop na onder geberg word . Dit verhoed dat die skoonmaakmiddels in die aksie- of snellermeganisme inloop . Plaas ' n skoonmaaklap of stuk spons onder in die kluis om die kroon van die wapen te beskerm .
Hoe maak ek my wapen skoon ? Eerstens , maak die wapen veilig deur alle rondtes uit die magasyn te verwyder . Ons almal het al van skietongelukke gehoor met die skoonmaakproses omdat die wapen nooit veilig gemaak is nie .
Verwyder alle stof van die wapen . Ek gebruik meestal ' n verfkwas om in alle hoekies in te kom .
Daar is twee stowwe waarmee rekening gehou word binne die loop , naamlik koper en koolstof . Koper word afgegee deur die punt wat deur die loop gevuur word . Koolstof is deel van die dryfmiddel met die ontbrandingsproses . Met my ervaring het geler dat daar baie min skoonmaakmiddels te koop is wat beide koper en koolstof uithaal of oplos . Gaan na enige Hinterland wapentak en kry ' n middel wat koper en koolstof verwyder . Maak dan jou wapen goed skoon . Gee die middel voldoende kans om te werk aangesien die twee beide chemiese stowwe is wat met mekaar moet reageer . Moet glad nie bekommerd wees oor al die stories dat die skoonmaakmiddels jou loop kan beskadig nie . Moderne skoonmaakmiddels is almal getoets om te verseker dat dit geen skade aan metaal kan aanrig nie .
As die loop skoon is , vryf die hele wapen met ' n olielappie , insluitend die houtgedeeltes af . Maak seker dit is ' n dik tipe geweerolie sodat die olie op kan bly . Bly weg van dun olies soos Q20 ( niks fout met Q20 nie ) maar dit is te dun om vir ' n lang tydperk op te bly . Daar is verkillende olies vir hout ook bekikbaar .
Wapen word dan met die loop na onder in die kluis gestoor . Dit is altyd ' n goeie idee om so tweemaandeliks net na die geweer te kyk om te sien of daar nie roesmerke is nie . Gaan ook sommer die vogvanger in die kluis na .
Deur die bogeneoemde te volg , gaan jy baie tyd en geld spaar vir die volgende jagseisoen . Jou wapen is ' n kritiese element in die jagproses - kyk mooi daarna .
Jaco Kruger het sy nasionale kleure verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig
Hy is ook n aktiewe SAJWV-lid en aktiewe SA Jaggeweerskut
62
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021