Senwes Scenario September - November 2021 | Page 63

NUUS

VERBOD

OP VEEVEILINGS

KOS BEDRYF MILJARDE PER WEEK

Die impak van die verbod op veeveilings het ʼn baie negatiewe impak op die lewendehawebedryf .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Verliese van meer as R1 miljard word tans gely , terwyl ʼn ooraanbod van diere weer ʼn negatiewe invloed op pryse het .

Dit is aldus Willie Clack , ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie ( RPO ) en voorsitter van die landbouprodukte-agenteraad se lewendehawekomitee ( Apac ). Die RPO en Apac het onlangs dringende vertoë tot die minister van landbou , grondhervorming en landelike ontwikkeling , Thoko Didiza , gerig om veilings weer toegelaat te kry .
Die vertoë sluit volgens Clack ʼn duidelike uiteensetting in van die omvang van die verbod op die landbousektor , en sluit die invloed op kommersiële produsente sowel as op kommunale veeboere in . Volgens Clack het daar op 30 Julie 2020 ʼn afkondiging in die Staatskoerant verskyn wat lewendehawe-veilings magtig . Dié aankondiging volg die basis van die vertoë .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021 61