Senwes Scenario September - November 2021 | Page 62

NUUS

HOF GEE NOG TYD VIR KOMMENTAAR OOR WAPENWETGEWING

Lede van die publiek en wapeneienaars het tot en met 3 Augustus 2021 tyd gehad kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer ( Wet 60 van 2000 ).
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dit volg na ʼn suksesvolle hofaansoek deur die Suid-Afrikaanse wapen- en ammunisie ¬ handelaars-vereniging ( Saada ) en die Konfederasie van jagverenigings van Suid-Afrika ( Chasa ). Volgens dié hofuitspraak word ʼn verdere 21 werksdae gegee om die publiek genoeg tyd te gee om op die beplande wysigings te reageer .

SO MEEN SA JAGTERS Fred Camphor , uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging ( SA Jagters ), verwelkom die hofuitspraak en spreek namens die vereniging sy dank teenoor Saada en Chasa uit .
Volgens hom sal dié suksesvolle hofaansoek tot die voordeel van elke Suid-Afrikaner wees wat glo in die grondwetlike reg om ʼn vuurwapen te besit .
“ Ons vernaamste bekommernis is dat die doelstelling van die wysigingswetsontwerp duidelik is om burgers se toegang tot vuurwapens te beperk teenoor die huidige wetgewing wat daarop gemik is om burgers se grondwetlike reg tot lewe en liggaam- like integriteit te versterk ,” meen Camphor . Volgens hom verteenwoordig die voorgestelde wysigings ʼn 180 grade ommeswaai vanaf bemagtigende wetgewing na ontmagtigende wetgewing .
Van die wysigings wat SA Jagters as verontrustend beskou , sluit in :
• Die verwydering van die reg op vuurwapenbesit vir selfverdediging .
• ʼn Perk op die aantal vuurwapens en ammunisie wat jagters en sportskuts mag besit .
• Die uitbreiding en herdefiniëring van ballistiese ontledingspraktyke wat onhaalbaar en onprakties is .
• ʼn Verandering in bevoegdheidsvereistes vir die besit van vuurwapens .
• ʼn Verbod op die herlaai van ammunisie deur vuurwapeneienaars vir hul eie gebruik .
60
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021