Senwes Scenario September - November 2021 | Page 60

NUUS

NIKS SUUR AAN

HERSIENE

SUURLEMOEN-PROTOKOL

Nuwe uitvoerwinste van ongeveer R325 miljoen en 800 werksgeleenthede word in die vooruitsig gestel na die ondertekening van ʼn suurlemoenprotokol tussen Suid- Afrika en Sjina .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié hersiene sitrusprotokol is onlangs deur Thoko Didiza , minister van landbou , grondhervorming en landelike ontwikkeling , onderteken . Die protokol het ses jaar geneem om af te handel en volg op ʼn versoek van die sitrusbedryf dat suurlemoene vrygestel moet word van die regulatoriese vereistes vir valskodlingmot , aangesien suurlemoene nie ʼn gasheer vir dié plaag is nie . Luidens ʼn verklaring deur die Suid-

Afrikaanse Sitruskwekersvereniging ( SKV ) kan die plaaslike produksie van suurlemoene teen 2024 met 175 000 ton groei en danksy die finalisering van dié protokol , sal Sjina as ʼn belangrike nuwe uitvoermark dien .
Op die koop toe sal Suid-Afrika in die proses vir Argentinië en Chili , wat tans die grootste uitvoerders van suurlemoene na Sjina in die Suidelike Halfrond is , verbysteek sodra die nuwe protokol in werking tree . Volgens die SKV word uitvoere teen 2024 op sowat 25 000 ton suurlemoene per jaar na Sjina in die vooruitsig gestel .
58
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021