Senwes Scenario September - November 2021 | Page 54

NUUS

ALMAL

KAN DOEN MET

' N LEMOEN

Wanneer landbouvennote hande vat , word hoop geskep en gemeenskappe saamgesnoer .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die goeie verhouding tussen die Senwes Groep van maatskappye en die Komati Groep in Letsitele , Limpopo , is ʼn sprekende voorbeeld hiervan .

Wat begin het as kundige kollegas wat mekaar wedersyds met advies bedien het , het onlangs gestalte gegee aan ʼn gemeenskapsuitreik met ʼn verskil . Om hul dank te betuig teenoor hul agri-besigheidsvennote in Noordwes , het die Komati Groep ʼn vrag lemoene en pomelo ’ s aan Senwes geskenk .
Dié gebaar het dit vir Senwes moon- tlik gemaak om verskeie instansies in die Klerksdorp omgewing met ʼn welkome vitamien C-skenking te bederf . Die ontvangers van skenkings sluit in die Rethabile Kinderhuis , die Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes , Khaya Tshepo Home for Vulnerable Children , Opslaan en Afslaan Ouetehuis , die Atamelang Kinder-en Jeugsorgsentrum en La Hoff Laerskool .
Volgens Sanmarie Schlebusch , Senwes se korporatiewe bemarkingsbestuurder wat verantwoordelik was vir die verspreiding van die skenking , getuig dié gebaar van die warm hartklop van die Suid-Afrikaanse landbouwaardeketting . Sy meen die een aspek wat baie duidelik na vore gekom het sedert die aanvang van die Covid-19 pandemie en die talle uitdagings wat sedertdien voorgekom het , is die menslikheid waarmee mense mekaar hanteer .
“ Landbouers is omgee-mense ,” sê Schlebusch en voeg by dat produsente nie skroom om hulp en bystand te bied nie , en hulle produkte – en nie noodwendig uitskotvoorraad nie , gebruik om nood in gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika te help verlig .
Senwes se AVC Relief Umbrella-projek is nog ʼn sprekende voorbeeld van dié gulhartigheid . Danksy die skenkings van produsente en korporatiewe vennote is meer as 490 ton witmielies reeds ingesamel , wat tot 26 312 5kg sakkies papmeel verwerk is en voedselverligting aan 315 388 individue gebied het . Vir meer inligting oor dié projek , besoek http :// www . senwes . co . za / avc-food-umbrella .
52
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021