Senwes Scenario September - November 2021 | Page 52

NUUS

TOENAME IN BYEVREKTES

AAN CHEMIESE LANDBOUMIDDELS TOEGESKRYF

ʼn Internasionale navorsingstudie , wat die beduidende toename in byevrektes aan ʼn blootstelling aan landbouchemikalieë toeskryf , maak wêreldwyd opslae en laat die vrese opnuut ontstaan dat voedselsekerheid én natuurlike ekostelsels daadwerklike bedreiging in die gesig staar .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
MEER OOR DIE STUDIE
Die navorsers het ‘ n nuwe meta-ontleding van tientalle studies oor die afgelope 20 jaar onderneem en spesifiek gefokus op die wisselwerking tussen landbouchemikalieë , parasiete en wanvoeding op die gedrag van bye – soos onder meer hul soektog na kos , geheue en voortplanting van kolonies , asook die bye se algemene gesondheid . Daar is bevind dat wanneer die verskillende stresfaktore op mekaar inwerk , dit ʼn uiters negatiewe uitwerking op bye het en gevolglik die moontlikheid van vrektes verhoog .
Een van die belangrikste bevindinge was dat daar ʼn sinergistiese wisselwerking bestaan tussen verskillende insekdoders , wat beteken dat hul gesamentlike uitwerking groter is as die somtotaal van die individuele uitwerking .
Uit die bevindinge was dit ook duidelik dat huidige risiko-ontledings nie voorsienning maak vir hierdie vrektes nie en dat regulatoriese prosesse – soos dit tans bestaan - nie beskerming aan bye bied teen die ongewenste blootstelling aan komplekse landbouchemikalieë nie .
Die meta-ontleding het voorts bevestig dat die mengsel van landbouchemikalieë wat bye in ʼn intensiewe landbou-omgewing teëkom , ʼn gevaar vir bybevolkings inhou .
Indien hierdie uitdagings nie daadwerklike aandag geniet nie , sal dit aanleiding gee tot die voortgesette daling in die voorkoms van bye en hul bestuiwingsdienste , tot nadeel van mense en die gesondheid van ekostelsels oraloor .
SO BEÏNVLOED SKADELIKE CHEMIKALIEË BYE
Bye word op die volgende wyses deur chemikalieë beïnvloed :
• Dit belemmer bye se vermoë om te navigeer , hulle sukkel om hul pad huis toe te kry en onderskei moeilik tussen reuke .
• Dit ontwrig bye se breinfunksie en ontneem hul van die vermoë om hul liggaamstemperatuur te reguleer , hul vermoë om te vlieg en om kos te soek .
MEER OOR BYE EN BESTUIWERS
• Een uit elke drie happies kos wat ʼn mens inneem , maak op bye staat vir bestuiwing .
• Bye bestuur 71 van die lys van 100 gewasse op die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Volke .
• Die koninklike geografiese gemeenskap ( Royal Geographical Society ) van Londen het bye tot die belangrikste wesens op aarde verklaar .
• ʼn Kolonie bye sal 88 500 km vlieg om sowat 500g heuning te maak .
• ʼn Vroulike by maak ʼn halwe teelepel heuning in haar leeftyd .
• Bye het 170 reukreseptore . Vir meer inligting oor die navorsingsprojek , besoek https :// go . nature . com / 3k1bzWX
50
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021