Senwes Scenario September - November 2021 | Page 51

NUUS

PROJEK POPEYE

SPREEK TOT VERNUFTIGE WAARDEKETTINGS

Popeye die geliefde matroos was toe altyd reg : spinasie laat die spiere bult ! Meer nog in die geval van die opkomende landboumaatskappy , TaylorMade Water Solutions ( TMWS ), wat sy bestaan aan dié blaargewas te danke het .
voedselsekerheid te verseker ten tye van ontwrigting en onsekerheid .
Tot op hede is daar via hierdie inisiatief 523,28 ton witmielies geskenk . Hierdie skenkings is verwerk tot mieliemeel ( verpak in of 5kg of 10kg sakkies ) en het Senwes in staat gestel om ongeveer 390,388 ' n kwesbare individue by te staan .
TOT DUSVER IS HULP TYDENS DIE VOL- GENDE GEBEURLIKHEDE VERLEEN :
• Covid-19 pandemie ,
• brandhulp ,
• droogtehulp , en
• vloedhulp . “ Die waarde van ʼn sambreelprojek soos dié is dat dit nie net uitkoms bied aan individue en gemeenskappe wat onder moeilike omstandighede gebuk gaan nie , maar ook omdat dit gemoedsrus aan donateurs en vennote bied in die sin dat hulle die versekering het dat hul bydraes op ʼn verantwoordbare wyse benut word ,” sê Strydom . Hy voeg by dat Senwes , as ʼn gevestigde en toerekenvatbare agri-besigheid reeds vir 112 jaar die belange van die landbouwaardeketting op die hart dra . “ Deur ʼn helpende hand na ander uit te steek , is Senwes getrou aan sy visie , naamlik om ʼn daadwerklike verskil in mense se lewens te maak .”
Die projek duur onverpoosd voort en skenkings van witmielies of kontantbydraes kan via die webblad : www . senwes . co . za / avc-food-umbrella ingelees word , waarna ʼn verteenwoordiger van Senwes met die donateurs in verbinding sal wees . Verskeie korporatiewe vennote dra ook by tot die sukses van dié noodlenigingsinisiatief .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Brouerye ( SAB ) ʼn projek van stapel gestuur het om afvalwater , wat tydens die brouproses ontstaan , as besproeiing vir spinasietuine in die Oos-Kaap te gebruik .

BIERWAARDEKETTING DRA BY TOT VERNUFTIGE LANDBOUAKTIWITEITE
Die sukses van dié projek , gepas ge- noem Projek Popeye , het daartoe aanleiding gegee dat SAB se Ibhayi-brouery nou , in samewerking met die Wêreld-Natuurfonds vir Suid-Afrika , ʼn kommersiële drupbesproeiingstelsel gaan ontwikkel om spinasietuine in verhoogde beddings op ʼn volhoubare wyse te laat groei .
Dié stelsel sal na verwagting 2 000m2 groot wees en sal die eerste volhoubare biologiese behandelingstelsel vir ʼn brouery in Afrika wees . Volgens verskeie kenners het die stelsel voorts die potensiaal om Suid- Afrika se beperkte waterhulpbronne beter te benut en in die proses werkskepping te bevorder .
In praktyk beteken dit dat die afvalwater , afkomstig van die brouproses , in die water- en voedingsbehoeftes van die gewasse sal voorsien sonder bykomende kunsmis of water . ʼn Verdere pluspunt is dat die spinasiebeddings net sowat 10 % van die afvalwater waarmee dit besproei word gebruik , wat beteken dat dit die oorblywende 90 % weer beskikbaar stel vir hergebruik in die brouery . Laasgenoemde word moontlik gemaak omdat die spinasie die voedingskonsentrasie van die afvalbierwater verminder , wat veroorsaak dat die gehalte van die oorblywende water verbeter word .
Volgens Josh Hammann , direkteur van landbou-ontwikkeling by SAB , sal dié afvalwater aan TMWS voorsien word om spinasie te kweek wat dan aan plaaslike gemeenskappe verkoop sal word . Op hierdie manier word die kwessie van voedselsekerheid proaktief aangespreek . SAB sal ook die nodige kapitaal in TMWS belê om die bedrywighede op die been te bring .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021 49