Senwes Scenario September - November 2021 | Page 50

NUUS

SENWES REAGEER

OP AGBIZ HULPROEP OM KZN-NOODLENIGING

Terwyl die finansiële , maatskaplike en werkloosheidsimplikasies van die onlangse gewelddadige protesoptogte , brandstigting en wydverspreide plundertogte in Kwazulu- Natal ( KZN ) nog bereken word , staar verskeie gemeenskappe in dié provinsie ʼn langtermyn voedselkrisis in die gesig .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

In die lig hiervan en die oproep om hulp vanaf die agribesigheidskamer , Agbiz , het Senwes noodleniging in die vorm van ʼn skenking van 33,28 ton mieliemeel ( in 10kg sakkies ) aan die Kwazulu-Natalse Landbou-unie , Kwanalu , gemaak . Die skenking is op 26 Julie deur Kwanalu in ontvangs geneem en is by wyse van Senwes se AVC Relief Umbrella-inisiatief gefasiliteer .

Deur dié skenking sal verseker word dat ongeveer 75 000 mense iets voedsaams te ete sal hê .
LANDBOUWAARDEKETTING GERAT OM ʼn VERSKIL TE MAAK
“ As daar een ding is wat die Covid-19 pandemie , en nou ook hierdie ramptoestande ons geleer het , is dit dat die rolspelers in die Suid-Afrikaanse landbouwaardeketting nie terugstaan vir ʼn uitdaging nie en gerat is om ʼn daadwerklike verskil te maak ,” sê Francois Strydom , Senwes se Groep Hoof Uitvoerende Beampte .
Hy sê voorts dat dit verblydend is om te sien hoe gemeenskappe regoor die land saamstaan om mekaar in tye van ontwrigting , soos dit dan ook die geval was tydens die gewelddadige protesaksie in KZN en Gauteng vroeër die maand , by te staan . “ Al hoe meer gemeenskappe skuif hul verskille opsy en vat hande ten einde aspekte soos munisipale verval , gemeenskapsveiligheid en sosio-ekonomiese agteruitgang aan te spreek . Hierdie tendens getuig nie net van groter samehorigheid en veerkragtigheid nie , maar het die potensiaal om daadwerklike verandering te bewerkstellig ,” sê Strydom en voeg by dat hierdie gesindheid ooreenstem met die doelstellings van die Senwes Groep .
Gedagtig aan dié realiteit het Senwes die skenking ter waarde van bykans R160 000 gemaak ten einde verligting te help bring aan die plattelandse gebiede wat dit benodig .
Kwanalu het vroeër bekendgemaak dat minstens ses uit elke tien dorpe in die provinsie se landelike gebiede ʼn ernstige voedseltekort beleef weens die plundertogte wat ook landbouaktiwiteite lamgelê het . In teenstelling met die algemene opvatting dat die plundertogte net tot winkels en verpakkingstore in groter dorpe en stede beperk was , raam Kwanalu dat die plaaslike landbougemeenskap verliese van miljarde rande gely het . Produsente is ook swaar getref deur die sluiting van die N3-hoofweg aangesien hulle nie hul produkte kon vervoer nie .
Falcon , wat deel uitmaak van die Senwes Equipment-stal in dié provinsie , het tot die projek bygedra deur stoorspasie beskikbaar te stel en as kontakpunt tussen Senwes en Kwanalu op te tree . Kwanalu sal die skenking verder versprei , dienooreenkomstig die behoeftebepaling wat reeds gedoen is .
Strydom moedig alle lede van Agbiz aan om , indien moontlik , tot die noodlenigingsaksie by te dra aangesien georganiseerde landbou ʼn sleutelrol speel om voedselsekerheid te verseker . Navrae in hierdie verband kan direk aan dr John Purchase ( john @ agbiz . co . za ) of Karen Grobler ( karen @ agbiz . co . za ) gerig word .
MEER OOR DIE AVC RELIEF UMBRELLA- INISIATIEF
Die inisiatief wat in Mei 2020 geloods is , is so ontwerp dat dit noodleniging aan kwesbare gemeenskappe op verskillende vlakke kan fasiliteer .
Wat hierdie inisiatief so merkwaardig maak is dat die sukses en impak daarvan voortbou op die volgehoue en onbaatsugtige samewerking van alle rolspelers binne die voedselwaardeketting , vanaf primêre produsente , agri-besighede , vervoermaatskappye , verwerkers en verspreidingsentrums . Hierdie samewerking help gevolglik om
48
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021