Senwes Scenario September - November 2021 | Page 46

NUUS

BONUSSKEMA

VERLIG DIE KNYP VAN COVID-19 KOSTEKNYPTANG

Met elke seisoen wat verbygaan , dwing die kosteknyptang landbouprodusente om met minder meer te moet produseer . Die impak van die Covid-19-pandemie het dié wurggreep net verder versterk en laat menige produsent vuisvoos en moedeloos .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

In die lig hiervan verlig Senwes se pasgemaakte uitgestelde bonusskema , AgriRewards , produsente se las deur jaarliks lojale klante vir hul volgehoue ondersteuning te beloon . “ AgriRewards verteenwoordig ʼn spesiale klantefokus en die aanvaardingskoers van die skema is ʼn bewys dat dit so deur ons klante opgeneem en benut word ,” meen Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes .

ʼn BEREKENING WAT SIN MAAK EN WAARDE TOEVOEG
Elke klant se uitgestelde bonus word jaarliks bepaal op grond van die hoeveelheid besigheid wat hy of sy deur die jaar met Senwes doen . Hierdie bonus is onderhewig aan spesifieke reëls wat vir die betrokke jaar van toepassing is . Dié reëls ten opsigte van die verskillende kwalifiserende besighede , word jaar tot jaar deur die direksie van Senwes bepaal en bekendgemaak . Gevolglik word die bonus waarvoor klante dan kwalifiseer , na afloop van Senwes se finansiële jaareinde gekommunikeer .
Strydom verduidelik dat die voordeel van die skema ontsluit word deur die klant se jaar-op-jaar bonusallokasie , mits hy deurgaans met Senwes besigheid doen . Op hierdie manier groei die poel van bonusse ook op ʼn jaargrondslag . Alhoewel die bonusse nie dadelik uitbetaalbaar is nie , kan die bonustoekennings wel teen huidige waarde as sekuriteit by Agri Credit Solutions aangebied word .
KORTTERMYNVOORDELE Hoewel die uitgestelde bonus ' n goeie langtermynvoordeel vir ons klante inhou , het ons ook ' n onmiddelike voordeel bygevoeg in die vorm van afslag op produkte om ver- dere waarde toe te voeg .
AgriRewards bied tans ' n korttermynvoordeel vir geregistreerde klante in die vorm van afslag op die aankoop van nuwe voertuie . Senwes , in samewerking met ander verskaffers , bied hierdie korting op bykans al die top handelsname in die bedryf ( Toyota , Ford , Nissan , Isuzu , Mercedes-Benz , Lexus , VW , ens ). Geregistreerde klante kan ook opsioneel hul bestaande voertuie inruil .
Vir meer inligting oor hierdie aanbiedinge , SMS die sleutelwoord KAR na 31022 of stuur ‘ n e-pos aan benefits @ agrirewards . co . za .
Die proses word namens die AgriRewards lede deur die AgriRewards span gefasiliteer . Hierdie proses sluit die aanvraag van kwotasies , verkryging van inruilpryse , afhandeling van die kooptransaksie , registrasie van die voertuig sowel as die aflewering van die voertuig in .
REGISTREER EN PRESTEER
Dit is egter belangrik om te onthou dat deelname nie outomaties is nie en klante moet registreer om deel te neem aan die skema . Dié registrasie vind eenmalig plaas en verseker dat deelnemende produsente nie jaar-op-jaar hoef te herregistreer nie .
Enigiemand wat geregistreer is en met enige van die kwalifiserende bedrywe besigheid doen , kwalifiseer vir ʼn uitgestelde bonus . Vir die afgelope 2020 / 2021 finansiële jaar het graanlewerings by Senwes silo ’ s , graanverkope aan Senwes , rentedraende transaksies by Agri Credit Solutions en die aankoop van nuwe heelwerktuie by Senwes Equipment ʼn toekenning onvang .
Transaksies wat vir die 2021 / 2022 finansiële jaar kwalifiseer is :
• Graanlewerings by Senwes silo ’ s ;
• Graanverkope aan Senwes ;
• Die aankoop van nuwe heelwerktuie by Senwes Equipment
• Rentedraende transaksies by Agri Credit Solutions . Vir die 2020 / 2021 finansiële jaar is R50 / ton vir graanlewerings by Senwes silo ’ s , R5 / ton op graanverkrygingstonne , 0,35 % van gemiddelde rentedraende transaksies by Senwes Credit ( nou Agri Credit Solutions ) en 3 % van die aankope van nuwe heelwerktuie by Senwes Equipment aan bonusse geallokeer . ʼn Bedrag van ongeveer R138 miljoen is gevolglik vir 2021 se bonusse toegeken .
REGISTREER SÓ VIR AGRIREWARDS Produsente kan op drie maniere vir die bonusskema registreer , naamlik :
• Aanlyn : besoek www . agrirewards . co . za om aanlyn vir die uitgestelde bonusskema te registreer . Die registrasie is onderhewig aan die aanvaarding van die bepalings en voorwaardes .
• SMS : stuur die woord “ AgriRewards ” gevolg deur jou ID-nommer na 31022 .
• Kontak jou naaste graanverkryger of sleutelrekeningbestuurder sodat hulle jou deur die registrasieproses kan neem .
44
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021