Senwes Scenario September - November 2021 | Page 41

NUUS
PRESISSIELANDBOUTOEPASSINGS Die volgende presisielandboutoepassings maak deel uit van die 9R-reeks :
• AutoTrac™-draai outomatisering .
• AutoTrac™-werktuigleiding .
• AutoPath rybegeleiding .
• Gen 4 Machine Sync™ verseker ʼn gesinchroniseerde seinverbinding tussen die trekker en ʼn stroper .
• Die Section Control-toepassing skakel werktuie soos spuite en kunsmisstrooiers se seksies outomaties aan en af om die oorvleueling van insette se plasings in die lande te verhoed .
• In Field Data Sharing laat jou toe om kaarte en begeleidingslyne te deel ten einde die werksverrigting van masjiene in dieselfde land te monitor .
ANDER AANPASSINGS
Gedagtig aan die lang ure wat die operateur agter die stuurwiel deurbring , spog die opgeknapte reeks met ʼn aangepaste kajuit . Groter kopruimte , groter inklimruimte , ʼn geïntegreerde yskas , nuwe sitplekverstelopsies , ʼn aanraakskermradio en voetstutte dra nou by tot groter gerief .
Klante kan tussen die Select- , Premiumof Ultimate-kajuitpakkette kies .
Die reeks bied ook nuwe sigbaarheidspakkette wat onder meer bykomende beligting en kamera-opsies insluit , asook bykomende sonskerms .
Die CommandCentre™ , AutoTracaktivering , JDLink™ en die StarFire 6000-geïntegreerde ontvanger verseker dat die operateur op koers bly . Hierdie slimtegnologie maak dit ook vir John Deereagentskappe , soos Senwes Equipment moontlik , om die trekker se werksverrigting te monitor en enige ongerymdhede te identifiseer ten einde voortydige herstelprosesse te implementeer . Hierdie prosesse sal verseker dat staantyd tot die minimum beperk word .
Vir meer inligting oor hierdie reeks , skakel vandag nog met jou naaste Senwes Equipment verteenwoordiger .
Bekostigbare Weegoplossings !
Bloemfontein 051 432 9552 Willie 082 637 1340 Rhyno 083 292 2042 info @ wowscales . co . za 1 Noordeinde Straat , Hilton , BFN www . wowscales . co . za
NUWE
Reeks Versakking Skale
@ WOWscales
SENWES SCENARIO | WINTER 2021 39