Senwes Scenario September - November 2021 | Page 34

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

VERSEKER

JOU OES DEUR KUNDIGES

Binne ‘ n kwessie van minute kan ‘ n haelstorm jou hele oes vernietig terwyl jy magteloos staan en toekyk .

Ons weer is baie wisselvallig en veral met die draai van die seisoene is daar baie veranderlike en vernietigende verskynsels . Aan die weer kan ons niks doen nie , maar aan jou risiko ’ s wel !

Daar is ‘ n goeie rede waarom oesversekering in Suid-Afrika al langer as 80 jaar bestaan , volgens Reinhard Kuschke ( AgriSeker se Besturende Direkteur ). Elke boer is bewus daarvan dat daar een of ander tyd iets kan gebeur wat sy oes kan verwoes en dan moet sy ekonomiese belang beskerm word . Hierdie ekonomiese belang sluit nie net die inkomste van die oes self in nie , maar die insetkoste , finansieringskoste , kontantvloei en voorsorg vir die volgende aanplanting .
AgriSeker verstaan die risiko ’ s bekend aan boerdery en met meer as 20 jaar se ondervinding in die bedryf is AgriSeker as onderskrywingsbestuurder , dié middelpunt van kundigheid wat deur boere , makelaars en almal in die finansierings-waardeketting as rugsteun gebruik word .
AgriSeker het in die bankwese wegspring en vandaar homself 6 jaar gelede as spesialiseenheid uitgekoop en is geregistreer as ‘ n onafhanklike regsentiteit met al die nodige registrasies as onderskrywingsbestuurder-maatskappy .
Slegs geregistreerde tussengangers word deur die maatskappy gebruik . AgriSeker het streekbestuurders wat die boere ken en weet na wie om enige boer te verwys om die beste inligting rakende oesversekering te ontvang .
Reinhard noem ook dat landbouversekering anders is as gewone korttermynversekering en dat oesversekering ‘ n nismark in hierdie landbou-nismark is . Elke oes en elke gewas is elke seisoen uniek . Dit beteken AgriSeker se mense moet regstaan met planttyd om ook die boere wat tot “ 35 Desember ” plant te help ! AgriSeker het ook stelsels wat dit vir boere makliker maak om net ‘ n vinnige aanpassing te doen in ‘ n tyd wat gewoonlik die besigste tyd op die plaas is .
‘ n Boer het byvoorbeeld beplan om 900 hektaar laatseisoen mielies en 300 hektaar sonneblom te plant , maar hy het op die ou end 500 hektaar sonneblom geplant . Voor die tyd gee hy sy beplanning deur en al die papierwerk word gedoen . Na die finale aanplanting kan die syfers net aangepas word , want verskillende gewasse het verskillende risikovlakke en -tye en dus kan die onderskrywing soomloos afgahandel word .
AgriSeker dek nie net graan nie , maar boorde , wingerde en groente word ook verseker teen skade deur die meeste weersomstandighede soos hael , ryp , droogte en vloede , asook onvoorsienbare ongelukke soos ‘ n vragmotor wat op pad silo toe sy vrag verloor . Hierdie maatskappy is ook daar om te help as die buurman se beeste deur die draad breek om aan die lekker groen mielies te smul . Die maatskappy stuur ‘ n weeklikse Cumulus-weerverslag uit wat saamgestel is deur Dr . Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad in samewerking met AgriSeker se eie Reinhard Kuschke wat sy loopbaan as landbouweerkundige begin het .
Dit is veral by die bepaling van skade waar die AgriSeker-Familie se kundigheid werklik tot sy reg kom . Die span van 140 assessore gaan deur ‘ n harde leerskool , sodat hulle weet hoe om te weeg , meet , tel en elke soort gewas se skade akkuraat te beraam . “ Enige taksasie op die land moet deur ‘ n spesialis hanteer word . Ons stel net mense aan wat die hartklop en gety van landbou verstaan . ‘ n Nuwe assessor kan tot twee jaar lank saam met ‘ n ervare persoon die pad loop voor hy of sy vir die eerste keer alleen uitgaan ,” sê Reinhard . Na die taksering van skade word daar ook nie gespeel met uitbetaling nie , dit word vinnig en netjies hanteer en as boere hul oeste by AgriSeker verseker , kan hul die vertroue hê dat eise betyds uibetaal sal word . AgriSeker kan spog as een van die maatskappye met die minste klagtes ten opsigte van uitbetalings en diens . Die AgriSeker-diens waarop kliënte die afgelope 20 jaar kon vertrou , is rotsvas in plek om hul risiko ’ s aan te spreek .
Toeganklikheid , openhartige kommunikasie en eksieperfeksie dienslewering is ingeweef in hoe die AgriSeker-familie dinge doen .
Sterkte aan al die boere wat in die vooruitsig stel om te plant . AgriSeker is opgewonde en gerat om hierdie seisoen saam met elke produsent aan te pak en dit is die AgriSeker-Familie se wens aan die voorpunt van hierdie plantseisoen dat daar seën sal wees op elke pit wat geplant word . Hierdie kundige span wil Suid-Afrika se boere bedank vir elkeen se bydrae tot ons landbou ekonomie .
Verseker jou oes by hierdie kundige AgriSeker-Familie en besoek www . agriseker . co . za om uit te vind wie jou naaste diensverskaffer is .
32
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021