Senwes Scenario September - November 2021 | Page 30

NUUS

VS-BOERE

MAAK SELF PLAN MET PADONDERHOUD

SUID AFRIKA KRY DALK BINNEKORT EIE DIGITALE GELDEENHEID

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn studie van stapel gestuur om te bepaal of dit lewensvatbaar , toepaslik en wenslik sal wees om ʼn digitale geldeenheid te skep wat in die kleinhandel aanvullend tot kontant kan dien .
' N Boer maak ʼn plan , en in die Vrystaat sluit dié planne ook herstelwerk aan provinsiale en munisipale paaie in .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens ʼn onlangse opname deur Vrystaat Landbou ( VL ) het boere in dié provinsie reeds meer as R6 miljoen bestee aan padonderhouds- werk . Francois Wilken , president van VL , sê dat die algemene agteruitgang van die provinsie se padinfrastruktuur nie net ʼn direkte impak op landbouaktiwiteite het nie , maar ook lewens in gevaar stel .

Wilken meen die gebrekkige regeringsvermoë en traagheid om paaie te herstel , noop die landbousektor toenemend om hand in eie boesem te steek om uitdagings aan te spreek . “ Die R6 miljoen-syfer is die werklike koste wat reeds aangegaan is en baie van dié instandhoudingswerk word waarskynlik nie eens aan die owerhede gerapporteer nie ,”
sê Wilke . Die uitgawes is nog hoër indien geleentheidskoste , produksietydverliese , slytasie op toerusting en voertuigherstelwerk bygereken word .
Volgens VL is die situasie tans die ergste in die Noordoos-Vrystaat , waar daar in die Thabo Mofutsanyana-distrik ʼn groep van vyf boere is wat jaarliks meer as R1 miljoen moet bestee net om paaie gangbaar te hou . “ As hierdie landbouers dit nie doen nie , is dit onmoontlik vir hulle om hul graan , tuinbouen veeprodukte aan die mark te lewer ,” verduidelik Wilke en hy voeg by dat briewe en vertoë al herhaaldelik , en onsuksesvol , aan LUR ’ e en ministers gerig is om die probleme aan te spreek .
VL se regspan ondersoek tans moontlike regsroetes ten einde die landbougemeenskap se regte te beskerm en dienslewering te verseker .
BESONDERSE JAAR VIR RESERWEBANK
Lesetja Kganyago , president van die Reserwebank , het dié aankondiging gemaak tydens die 101ste jaarvergadering van die bank , wat op 28 Junie vanjaar sy 100ste bestaansjaar gevier het . Die jaar 2021 verteenwoordig ʼn baie besonderse jaar vir die bank omdat dit ook die jaar is waarin die rand se 60ste verjaardag gevier word , die bank 25 jaar reeds as ʼn onafhanklike sentrale bank funksioneer en die inflasieteiken aktief vir 21 jaar nagestreef word . HERBOU DIE SA EKONOMIE Kganyago het tydens die vergadering onder meer na die impak van die Covid-19 pandemie en die gepaardgaande inperkings verwys , terwyl die onlangse onluste in KwzZulu-Natal en Gauteng ook op die agenda was .
28
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021