Senwes Scenario September - November 2021 | Page 29

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

LÊ DIE FONDASIE MET ' N HOË GEHALTE KALK

Suksesvolle graanproduksie berus nie net op goeie
Marelize Venter
018 464 7822
Lourens Swart
018 464 7821
Yolanda Steenkamp
018 464 7077 landbouvennote nie , maar ook op ʼn weldeurdagte bekalkingsprogram .

Hierdie bekalking kan strek vanaf die toediening van Marico dolomiet tot by Buhrmansdrif kalsiet , afhangende van jou grond se samestelling en bestaande pH-vlakke . Marico dolomiet is een van die beste mikrofyn dolomitiese bronne vir die Suid-Afrikaanse landboumark , met ‘ n siffraksie-ontleding van 99,6 % kleiner as 250 mikron , terwyl 96 % van die kalk selfs fyner as 106 mikron is . Hierdie mikrofyn dolomiet is hoogs reaktief en so gewild dat Bastion die produksiekapasiteit van die Marico aanleg verdubbel het om aan te pas by die verhoogde aanvraag .

Tydens inkubasieproewe in samewerking met die Greenhouse Trail and Research Centre , het hierdie mikrofyn dolomiet baie goed gevaar in terme van reaksietyd en pH-verhoging en staan kop en skouers uit bo die ander dolomitiese bronne in die mark ( Grafiek 1 ).
Grafiek 1 - pH-verhoging gemeet op 20 weke van Marico mikrofyn dolomiet teenoor ander dolomitiese bronne beskikbaar in die mark
‘ n Inkubasieproef is ook met die Buhrmansdrift kalsiet gedoen en sedert die bekendmaking van die resultate , het die vraag na hierdie hoogs reaktiewe kalsitiese bron net so toegeneem .
Grafiek 2 - pH-verhoging op 20 weke gemeet van Buhrmansdrift kalsiet teenoor ander kalsitiese bronne beskikbaar in die mark
Die Buhrmansdrift kalsietbron is een van die mees reaktiewe kalsietbronne in Suid- Afrika . In grafiek 2 word die pH reaksie geïllustreer teenoor ander kalsiet bronne in die mark . Met ‘ n siffraksie-ontleding van meer as 80 % fyner as 250 mikron , is hierdie amorfe kalsietbron die eerste keuse .
BASTION AS PRODUSEERDER VAN HOË GEHALTE LANDBOUKALK
Bastion produseer jaarliks duisende tonne hoë gehalte landboukalk by sy Marico- , Buhrmansdrif- en Brittenaanlegte . Beleggings word jaarliks in infrastruktuur , vaartbelyning van operasionele besigheidsprosesse en deursigtige en veilige verkoopspraktyke gemaak ten einde klantetevredenheid te verhoog en om dit vir produsente maklik te maak om met Bastion besigheid te doen .
Vir nommerpas kalkoplossings , skakel die
Bastion bemarkingspan vandag :
• Marelize Venter , bemarker : 018 464 7822
• Lourens Swart , logistieke koördineerder : 018 464 7821
• Yolanda Steenkamp , verkoopskoördineerder : 018 464 7077
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021 27